Groen lig vir e-tol

2012-09-21 09:57

Hoewel die regering gister die groen lig vir sy Gautengse e-tolstelsel gekry het, moet die toltariewe eers gepubliseer word voordat motoriste sal moet begin betaal.

Dit beteken dat tolgeld nie onmiddellik gehef sal kan word nie, maar wel binne dae, sodra die regering die tariewe in die Staatskoerant publiseer.

’n Bron na aan die geding het gister gesê alles is afgehandel en net die tariewe moet nog gefinaliseer word. Ook ander administratiewe kwessies, soos die vervolging van nie-betalers, is opgelos, het die bron gesê.

“Uiteraard gaan daar baie oortreders wees, maar ons beplan nie om, sê maar, 70 000 dagvaardings per dag uit te reik nie. Die aanvanklike teiken sal die ernstige oortreders wees.

“’n Toetslopie met die hele stelsel vroeër vanjaar het bewys dat dit 100% funksioneer,” het die persoon gesê.

Die hof het gister die interdik tersyde gestel wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) tydelik verbied het om tolgeld op Gautengse hoofweë te hef hangende die aanhoor van die hersieningsaansoek oor die hele stelsel in die hooggeregshof in November.

Regter Bill Prinsloo het die interdik op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria op versoek van die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) toegestaan.

Die agt regters van die konstitusionele hof het in hul eenparige uitspraak baie klem gelê op die grondwetlike beginsel van skeiding van magte. Hulle het ook gesê die regering se beleid is dat die tolpaaie deur tolgeld betaal moet word en nie deur ander heffings nie. Dit is ’n heeltemal wettige besluit.

Wayne Duvenage, woordvoerder van Outa, het gister gesê die e-tolstelsel kan nie vinnig ingestel word nie, ondanks gister se uitspraak.

“Daar is nog te veel wettige en administratiewe kwessies wat eers opgelos moet word, soos die tariewe en die vervolging van nie-betalers.”

Woordvoerders van adj.pres. Kgalema Motlanthe, die tesourie, die departement van vervoer en Sanral was nie bereid om te sê wanneer die stelsel van krag sal word nie.

Pieter Conradie, Outa se regsverteenwoordiger, het gesê die uitspraak beïnvloed Outa se saak vir die hersiening van die stelsel glad nie.

“Die uitspraak het oor die interdik gehandel, nie die oorweging van die meriete van die hele stelsel nie.”

Duvenage het gesê Outa is bekommerd dat Gautengse motoriste se stemme nie gister in die hof gehoor is nie.

“Ons is steeds vol vertroue dat ons saak vir die hersieningsverhoor sterk is.”

Burgerregte-organisasies, opposisiepartye en vakbonde het sterk uitgevaar teen die beslissing.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het in Midrand gesê die regering durf nie waag om die stelsel nou te aktiveer nie, berig Maryna Lamprecht.

“Indien hy dit doen, sal Cosatu die regering met alle mag tot ons beskikking teenstaan.

“Dit is vir ons ’n kwessie van nasionale belang.

“Ons is gekant teen die beginsel dat gewone mense ’n tarief moet betaal elke keer wat hulle ’n begrafnis bywoon of werk toe gaan.”

Thabo Masebe, Motlanthe se woordvoerder, het gesê hulle verwelkom die uitspraak, “maar ons moet dit eers nagaan”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Woody Woodpecker sê... zuma kan net strooi praat, dis hoe hy aan bewind bly, imagine hy gee om. dis om van te lag. Ek dink nie hy kan sy eie zip optrek nie. Al wat hy kan doen is om vir ons almal middelvinger te wys as hy elke 30 sekondes sy bril opstoot daar waar normaalweg n neusbrug is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.