Groep buitelandse sendelinge by natuurwonder beroof

2012-07-28 23:56

Die Hole in the Wall in die Oos-Kaap waar 11 buitelanders die afgelope week beroof is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Groep van 11 buitelanders, van wie die meeste bejaardes is, is die afgelope week naby een van Suid-Afrika se bekendste natuurwonders deur drie mans van in die twintig beroof.

Volgens Gerhardt Mynhardt, bestuurder van die Hole in the Wall-vakansieoord in die Oos-Kaap, het die groep Donderdag omstreeks 12:00 op die strand ge­stap en foto’s geneem.

Hulle is van Amerika, Swede en Duitsland en doen hier sendingwerk.

“Ek was by my huis toe ek skielik ’n geraas en skietery hoor.

“Toe ek buitentoe gaan om te kyk wat gebeur, het ons plaas­like bevelvoerder my gekontak om te sê daar is pas ’n groep toeriste op die strand beroof,” sê Mynhardt.

Hy het sy verkyker gegryp en van ’n koppie af, wat oor die strand en die Mpako­rivier uitkyk, die rowers dopgehou.

Die drie rowers het glo minute vroeër op die groep toegesak en aangedring op hul handsakke, rugsakke, elektroniese ware en kameras.

Mynhardt sê een van die sendingwerkers, ’n Amerikaanse vrou van in die sestig, het geweier om haar handsak te oorhandig.

“Een van die rowers het twee skote in die lug afgevuur en toe sy wapen teen haar voorkop gedruk.

“Sy was vreesbevange en het dadelik haar handsak oorhandig.”

’n Groep kinders, wat besig was om vir kreef te duik, het glo gesien wat gebeur en gehardloop om hulp te ontbied.

“Die drie ouens het terug oor die rivier gehardloop en in ’n hut op die oorkantste koppie gaan skuil.

“Ek het heeltyd met die polisie oor my selfoon gepraat en toe die polisiehelikopter opdaag, het ek hulle gaan wys waar die verdagtes wegkruip.”

Die hut was leeg en die rowers se klere was al wat die polisie in die hut gevind het.

Hulle het vermoedelik verklee om makliker te kon ontsnap.

“Die polisie se reaksie was baie goed, want daar is ’n hengse klomp lede ontplooi om die ouens vas te trek.”

Verskeie lede van die omgewing se honde-, berede en misdaadvoorkomingseenheid het die gebied ure lank gefynkam.

Mynhardt het omstreeks 22:15 dieselfde aand ’n oproep van ’n polisiebevelvoerder ontvang wat gesê het twee van die verdagtes is in hegtenis geneem.

Die meeste van die gesteelde goedere is gevind.

“Ons waarsku toeriste altyd om nie met waardevolle goedere rond te loop nie en om dit eerder in hul kamers toe te sluit, al gebeur daar nie gereeld sulke voorvalle hier nie,” sê Mynhardt.

Volgens hom was daar sowat ’n jaar gelede ’n soortgelyke voorval.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.