Grond: Daar’s hoop, maar ...

2012-09-01 23:54



Op die Nooitgedacht-plaas buite Ermelo is Hennie Laas, bedryfsbestuurder vir Mpumalanga Landbou, gefrustreerd oor die onsekerheid van grondonteiening.

“Ons het groot vrae oor art. 25 van die Grondwet en niemand het antwoorde nie,” sê hy.

Gedurende die ANC-beleidskongres in Junie is boere die versekering gegee onteiening sal kragtens art. 25 geskied, wat bepaal vergoeding moet billik wees.

“Mense klou vas aan die idee dat markwaarde in ag geneem moet word. Maar daar is viér ander aspekte in die klousule wat gewig kan dra. Ons is nie seker wat op ons wag nie,” maan Laas.

Buiten markwaarde verwys art. 25 na die huidige gebruik van die grond, die geskiedenis van hoe die grond verkry is, die mate waarin die staat daarin belê het en die doel van onteiening in openbare belang.

Vir adj.pres. Kgalema Motlanthe is die doel van grondonteiening allerbelangrik. Hy is bekommerd oor die miljoene armes wat honger ly. Maar hy is terselfdertyd stomgeslaan dat die gewillige koper/verkoper-beginsel as struikelblok tot grondhervorming beskou word.

“As die regering grond in openbare belang moet aankoop, word hy deur die Grondwet bemagtig om grond te identifiseer en ’n aanbod te doen,” het hy Woensdagaand in Kaapstad gesê.

“Dit is dan ’n hof wat die stewels pas aan die gewillige koper, gewillige verkoper. Hoe is dit ’n struikelblok as ’n hof dit toepas?”

Motlanthe meen die regering kan hom tot die hof wend as die boer ’n onredelike prys vra.

Dr. Leon van Rooyen, voorsitter van Mpumalanga Landbou in die Hoëveld, erken daar is boere wat grond ten duurste aan die staat verkoop, net om grond elders te koop en wéér peperduur aan die staat te verkoop.

Die TLU SA op Ermelo weet ook daarvan en meen dis iets waaroor niemand wil praat nie, sê Danie du Plessis, streekverteenwoordiger.

Van Rooyen het in 2007 ’n deel van sy grond aan ’n trust verkoop. Hoewel sy ervaring positief was, verstaan hy nie hoe begunstigdes aangewys word nie.

Hy noem dit ’n geheime proses waarby nie georganiseerde landbou óf hoopvolle opkomende boere insae het nie.

“Ons opnames tot dusver toon tot 24% van grond is hier, soos in KwaZulu-Natal, in wit hande. Dis dus nie die oordrag van grond wat ’n probleem is nie, maar die ondersteuning aan begunstigdes,” sê hy.

Derduisende hektaar grond lê verwaarloos in Mpumalanga. Plaasheinings is lankal ’n vae herinnering.

Eddie Cross, MDC-LP in Zimbabwe, het onlangs geskryf die eerste teken van mislukking (vir landbou en grondhervorming) is wanneer die heinings verdwyn.

Van Rooyen sê mens wil Suid-Afrika nie met Zimbabwe vergelyk nie, maar die “verval gebeur so vinnig”.

Daar is begunstigdes wat kies om nie te boer nie, sommiges wat wíl maar nie hulp kry nie en ander wat merkwaardige vooruitgang toon, sê Laas.

Op Daggakraal, tussen Amersfoort en Volksrust, het ’n dorpie ontstaan waar eens ’n merino-plaas was.

Die munisipaliteit het elektrisiteit, water, rommelverwydering en skole verskaf. Hier bly nou bykans 200 000 mense in HOP-huise met ’n paar plakkershuise tussen-in.

Die Indiër-winkeleienaar sê hy weet wanneer daar in Johannesburg stakings is omdat sy klante se geld opdroog. “Kinders stuur dan nie meer ’n geldjie vir hul ouers op staatstoelaes nie.”

Op Diyatalawa tussen Harrismith in QwaQwa in die Vrystaat tref ’n mens ’n moderne nedersetting aan met sportgeriewe, sonkragtoerusting en ruim huise. Hier het die 33 begunstigdes R12 000 elk verdien met hul graan. Hulle bou nou ’n melkery.

Mtobeli Mxotwa, ministeriële woordvoerder vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, is bekommerd oor die Mpumalanga-gevalle. Die amptenare moet aangespreek word, sê hy.

“Ons moet grond, selfs dit wat privaat aangekoop is (deur swart boere), ondersteun as die boere sukkel.

“Voedselsekerheid word wêreldwyd bedreig. Dit moet nou, hiér, in die kiem gesmoor word.”

***

Verwaarloos:




Hlanganani is in 2006 op 1 500 ha as ’n trust-projek vir 20 begunstigdes in Daggakraal naby Volksrust, Mpumalanga, van stapel gestuur.

Die appelprojek, kompleet met ’n duursame besproeiingstelsel, is op 10?ha verbou, maar teen Augustus 2011 is dit tot 4 ha verminder omdat water skaars is. Die appelboord is onlangs in ’n “wegholbrand” verwoes.

Daar is ’n dam op die plaas, nie ver van waar die appelboord eens was nie. Die plek is sigbaar verwaarloos. Daar is geroeste watertenks en vervalle skure wat van vóór die brand dateer. Sover Rapportkon vasstel, is appels nooit met sukses hier geoes nie.

***

Vergane:

Sinalo is ’n appelprojek op die eertydse Geloftefees-terrein in Amersfoort, Mpumalanga. Dit moes ’n voorbeeld van ’n moderne besproeiingsprojek gewees het.
Vandag, so vyf jaar later, is dit vergaan.

Die ou Geloftefees-sinkhuisie is ’n stoorkamer vir alles en nog wat. Vier begunstigdes skuil in ’n kantoor waar foto’s van die klein appelboompies, nog groen, teen die mure pryk. Hulle is moedeloos.

Die verkeerde appelbome is destyds afgelewer. Die bome sou eerder in die Wes-Kaap aard en boonop is die boord omring met bloekombome wat water soos ’n spons suip.

Rapport verneem die flenter-beskutting vir die tonnels (om tamaties te verbou) is een oggend deur ’n regeringskontrakteur afgelaai. Met die eerste wind was dié aan flarde. In die dam steek pype soos kraakdroog geraamtes uit, maar volgens die begunstigdes word besproeiingsmiddels getrou afgelewer.

***

Sukses:



Diyatalawa, 30 km van Qwaqwa in die Vrystaat, is vroeër vanjaar in die begrotingstoespraak van Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, uitgesonder as ’n suksesvolle voorbeeld van ’n projek in die program vir omvattende landelike ontwikkeling.

Tot 50 huishoudings het elk R12 000 verdien deur 314 ton graan te oes. ’n Melkery word nou ontwikkel, asook ’n besproeiingsprojek van 500?ha.

In 2009 is huise vir die gemeenskap gebou, elkeen met agt vertrekke, sonkrag en ’n wateropgaartenk. Verlede jaar is ’n sportterrein vir hokkie, sokker, netbal en basketbal in die ekodorpie gebou. ’n Groot skool met helderkleurige klimrame op die speelterrein akkommodeer amper 100 kinders.

Maar dié suksesvolle projek het eers in 2009 begin “werk”, byna 11 jaar nadat dit as een van die anker-grondhervormingsprojekte van stapel gestuur is.

Die regering het daar al ’n geraamde R25,4 miljoen bestee.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 1-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-15°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 8-18°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Civil Engineer

Western Cape
Communicate Cape Town Engineering
R350 000 - R500 000 Per Year

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R500 000 - R550 000 Per Month

Costing Manager- Mining

Gauteng
Communicate Specialist Resource
R600 000 - R700 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!