Grondwet nie van God – ANC

2012-02-18 22:36

Die ANC kan nie toekyk hoe Suid-Afrika in ’n “eenpartystaat” ontaard waar die howe die septer swaai nie.

Dr. Mathole Motshekga, die ANC se hoofsweep in die parlement, het Donderdag in ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport aangevoer “sekere mense” is daarop uit om die parlement en pres. Jacob Zuma se magte “aan die ­howe te oorhandig”.

“So, ons is besig om ’n eenpartystaat te word, gelei deur die howe wat nie verkies is nie. Jy kan nie die howe daarvoor verantwoordelik hou nie, maar die mense wat die magte van die howe verkeerd verstaan.

“Die hersiening (van die konstitusionele hof se magte en uitsprake) moet dié situasie opklaar.”

Motshekga het gesê hersiening beteken nie noodwendig “verander” nie.

Die hersiening moet die invloed van veral die konstitusionele hof se uitsprake die afgelope 18 jaar op die samelewing meet en bepaal of die uitvoerende gesag, die howe en die parlement hul mandaat ingevolge die Grondwet uitvoer.

Motshekga meen Zuma se opmerking in ’n onderhoud met die Sunday Independent verlede Sondag is verdraai en misverstaan.

Fel kritiek uit verskeie oorde het op Zuma gereën omdat hy in die onderhoud gesê het die ANC-regering wil die konstitusionele hof se magte hersien en dat die uitsprake van die minderheid regters dikwels meer sin het as dié van die meerderheid regters in die konstitusionele hof.

“Daar is niks ongrondwetlik, onwettig of buite orde aan wat die president gesê het nie,” het ­Motshekga beklemtoon.

Volgens hom het Zuma bloot verwoord wat hy in sy daaglikse interaksie met gewone landsburgers hoor. En daar is in die breë samelewing kommer oor die magte van die regbank, nie net in die ANC-regering nie. “Want vir die meeste mense wil dit voorkom asof die regering toestemming by die howe moet vra vir alles wat hy wil doen. Dít terwyl die regering sy mandaat van die mense kry en die howe net uit ’n paar individue bestaan.”

Motshekga het toegegee die regbank se magte word aan die Grondwet ontleen, maar volgens hom word die howe nogtans “misbruik” deur mense wat nie die ­howe se magte verstaan nie.

“(Hulle) misbruik die howe vir hul eng belange en om transformasie in die wiele te ry.”

Hy het as hipotese verwys na politieke partye wat met wetsontwerpe hof toe “hardloop” nog voordat die parlement die wetskrywende proses afgehandel het.

Motshekga kon nie ’n voorbeeld uit die vuis noem nie, maar het volgehou dit is in landsbelang om duidelikheid te kry oor die magte van die uitvoerende gesag, regbank en parlement.

Motshekga het voorts te kenne gegee wysigings aan die Grondwet is nie uitgesluit nie, maar het die versekering gegee daar sal nie aan Suid-Afrikaners se fundamentele vryhede getorring word nie.

Volgens hom is die Grondwet ’n mensgemaakte – “nie Godgegewe nie” – dokument en sal dit onverantwoordelik wees om nie gereelde hersienings te doen om te bepaal of sekere wysigings nodig is nie.

Die ANC betwis nie Suid-Afrikaners se reg om die grondwetlikheid van wette in die konstitusionele hof te toets nadat dit deur die parlement goedgekeur en deur Zuma onderteken is nie.

Maar landsburgers moet die Grondwet “respekteer” en eers wag dat die parlement en die president hul werk afhandel vóórdat hulle die howe nader, het hy gesê.

“Ons moet die Grondwet en (wetskrywende) prosesse respekteer. As die prosesse gerespekteer word, sal die uiteindes gerespekteer word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

AUDI

A4 1.8T
2004
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.