‘Groot Vyf’ dreig om Superrugby te boikot

2012-02-11 23:43

Suid-Afrika se vyf spanne in die Superrugbyreeks dreig om hulle aan dié reeks te onttrek.

Die Stormers, Bulls, Lions, Cheetahs en Sharks verklaar in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) hul eenparigheid om hulle aan die Superreeks te onttrek indien al vyf spanne nie in 2013 se reeks speel nie.

Dié dreigement volg op die bekragtiging van die Kings se deelname aan die 2013-reeks.

Die Southern Kings bestaan uit die drie rugbyunies in die Oos- en Suid-Kaap: Oostelike Provinsie, Grens en Suidwestelike Distrikte.

Die sogenaamde “Groot Vyf” het die afgelope week in Johannesburg vergader om “moontlike oplossings” te vind sodat die Kings, sowel as al vyf van hulle, in aanstaande jaar se Superreeks kan speel.

Saru het toestemming vir dié vergadering gegee nadat die vyf huidige Super-franchises dit versoek het tydens die jaarvergadering wat einde Januarie in Kaapstad gehou is. Die 14 provinsiale unies van Saru het op dié spesiale vergadering eenparig besluit die Kings moet van 2013 in die Superreeks speel.

Mnr. Oregan Hoskins, Saru-president, het die Super-franchises se dreigement van onttrekking met skok en teleurstelling ontvang.

Hy het aan Rapport bevestig dat die “Groot Vyf” in hul skrywe aan hom gesê het as Sanzar, die liggaam wat die Superreeks namens Saru en die Australiese en Nieu-Seelandse rugbyunies bedryf, nie die kompetisie na 16 spanne vergroot sodat al ses Suid-Afrikaanse spanne kan deelneem nie, hulle nie aanstaande jaar in die Superreeks gaan speel nie.

Hoskins gaan die brief vandeesweek aan die ander nege rugbyunies stuur en “dit sal dan in die hande van al die unies wees om te besluit oor watter spanne in die Superreeks speel”.

Sanzar het ’n reuse-kontrak van nagenoeg R1 miljard met Rupert Murdoch se News Corporation vir die uitsaairegte van onder meer die Superreeks. Dié kontrak strek tot 2015.

Die “Groot Vyf” se dreigement kan tot groot konsternasie in Suid-Afrikaanse rugby lei omdat dit nie so eenvoudig is om die Super-reeks na 16 spanne uit te brei nie.

Eerstens moet Australië en Nieu-Seeland daartoe instem en dan moet News Corp. ook instem. ’n Nuwe formaat wat 16 spanne kan huisves, sal ook gevind moet word. Die reeks is verlede jaar aangepas met die indeling van 15 spanne in drie groepe van vyf spanne elk. Elke groep het uit die plaaslike spanne van die drie deelnemende lande – Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië – bestaan. ’n Bykomende span sal dié kompetisie-struktuur kelder.

* Die vyf huidige franchises se bedryfsregte vir hul spanne is net geldig tot die einde van vanjaar se kompetisie. Saru kan dus van volgende jaar af nuwe franchises skep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.