Groot skuld, streng reëls wag op siek Jackie Selebi

2012-07-23 05:52

Miljoene rande se skuld én streng paroolvoorwaardes is die voorland van die bedrieër-oudpolisiehoof, Jackie Selebi, as hy uit die hospitaal ontslaan word.

Van dié skuld is sowat R17 miljoen vir regskoste wat hy aan die polisie moet terugbetaal.

Boonop sal hy tussen R150 000 en R200 000 per jaar moet betaal vir dialisebehandeling omdat hy “in die laaste fase van ’n ongeneesbare niersiekte is”.

James Smalberger, die adjunk-hoofkommissaris van korrektiewe dienste, sê lukrake besoeke en bloedalkohol-toetse is van die voorgestelde paroolvoorwaardes waaraan Selebi onderwerp kan word.

Die voorgestelde paroolvoorwaardes sal hom ook tot die Pretoria-gebied beperk en hy sal nog te alle tye bevele van korrektiewe beamptes moet gehoorsaam.

Sy skuldigbevinding aan bedrog beteken ook hy kan nooit ’n direkteur van ’n maatskappy word nie, selfs al sou sy gesondheid in so mate verbeter dat hy weer sou kon werk.

“As hy enige paroolvoorwaardes – wat tot die einde van sy 15 jaar tronkstraf sal geld – verbreek, sal hy terug tronk toe moet gaan,” sê Smalberger.

Selebi het net 229 dae van die 15 jaar tronkstraf uitgedien toe sy mediese parool – waarvoor sy vrou, Ann Selebi, aansoek gedoen het – Vrydag toegestaan is.

Intussen het Zweli Mnisi, woordvoerder van die minister van polisie, gister gesê die regspan van die polisie het reeds Selebi se span gekontak oor die R17?miljoen wat hy moet terugbetaal.

Die polisie het Selebi se regskoste vir sy korrupsieverhoor gedra.

“Daar is tans konsultasies tussen die partye en die doel is om die geld van Selebi te verhaal,” sê Mnisi.

’n Nefroloog het aan Rapport gesê die dialisebehandeling wat Selebi nou lewenslank moet ontvang, is ’n baie duur proses.

“Die dialise vervang die funksie wat sy niere nie meer self kan doen nie. Pryse daarvoor wissel tussen R150 000 en R200 000 per jaar.

“As jy ’n staatspasiënt is wat aan die streng vereistes voldoen, sal dit beter wees om eerder ’n nieroorplanting te kry.”

Dr. Ernest Kenoshi, uitvoerende hoof van die Steve Biko- Akademiese Hospitaal, sê die staat het sedert Februarie vir Selebi se behandeling betaal, “maar hy sal self moet opdok sodra hy ontslaan word”.

Dit is nog onbekend wanneer presies Selebi uit die hospitaal ontslaan sal word.

Adv. Ngoako Ramathlodi, adjunkminister van korrektiewe dienste, het op die vraag of Selebi ook soos die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik uit die tronk sal bly as hy beter word, geantwoord: “As hy beter word, beteken dit nie dat hy terug tronk toe moet kom nie, solank hy net sy paroolvoorwaardes nakom.”

Selebi is in 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens bedrog.

Sy appèl teen die skuldigbevinding is in Desember verlede jaar van die hand gewys. Toe hy die nuus hoor, het hy in sy huis in Waterkloof in Pretoria ineengestort.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 12-25°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 8-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Bfn: 4-25°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-24°C Morning clouds. Mild. PE: 9-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!