Haar stoute boudjies nou stil

2012-10-20 23:37

Angelique Pretorius. Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Van ’n G-string tot ’n Bybel onder die arm – dis die uiteen­lopende paaie wat haar karakters ­dikwels loop, vertel Angelique Pretorius.

Dié 31-jarige aktrise vertolk die hoofrol in Darrell Roodt se nuwe fliek, Stilte.

“Baie mense kan nie glo dis dieselfde meisie wat in Stoute boudjies tussen die lakens baljaar het nie,” sê sy laggend.

Pretorius was ook die regse aktivis in die televisiedrama Hartland en in Egoli: Plek van goud het sy die ma van ’n sewejarige dogter gespeel.

“Ek speel net ’n rol. Ek weet wie ek is en die mense naby aan my ken my.

“Dis juis as mense glo jy is soos jou karakter dat jy weet jy het jou rol goed gespeel.”

In 2010 én 2011 het sy FHM Suid-Afrika se lys van die 100 sexyste vroue ter wêreld gehaal.

Pretorius het die laaste paar dae baie promosiewerk by teaters vir Stilte gedoen.

“Ná die tyd kom mense met hul eie hartseer verhale en vertel dan hoe diep die fliek hulle geraak het. Een vrou het vertel sy het haar pa op 12 verloor, en eers nadat sy die fliek gesien het, kon sy vir die eerste keer vrede maak met sy dood.

“Ander vroue is weer verbaas om te hoor hul man het ook Stoute boudjies gesien as hy daaroor ’n aanmerking maak,” sê sy.

Pretorius sê Stilte was emosioneel uitputtend weens haar karakter, Antoinette, se konflik met die wêreld, haarself en God.

“Maar dit was ook die uitdagendste en mees bevredigende rol wat ek nog vertolk het.

“Jy dryf jouself, en dan kry jy dit reg.

“My Willemien-karakter se groeiproses in Kruispad het aanklank gevind by my.

“Sy het met elke episode ’n jaar ouer geraak. Haar verhouding met Henk (Altus Theart) het haar verskillende fases mooi uitgebeeld: spelerig, broeis, teleurgesteld, woedend, onafhanklik. Daar was ’n kwesbaarheid aan haar waarmee ek my kon vereenselwig.”

Pretorius het drie jaar gelede haar broer, Baruch (19), in ’n motorongeluk verloor.

“Ek kon my op ’n manier met die rol (van Antoinette in Stilte) vereenselwig omdat ek my eie tragedie beleef het. In my eie lewe het ek besef tragedies gebeur as lesse om uit te leer.”

Pretorius, wat ’n Britse paspoort het, was vroeër vanjaar twee keer in Amerika om moontlikhede daar te ondersoek.

“Ek het aansoek gedoen om ’n Green Card en ek is op pad Hollywood toe! Ek wil uiteindelik ’n basis in Suid-Afrika, Europa én Amerika hê.”

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.