Hare gaan waai in Gautengse DA-stryd

2012-01-21 23:12

Die stryd om die DA se leiersposisie in Gauteng stuur af op ’n taai wedloop waarin gerugte oor rassepolitiek en inmenging reeds dik loop.

Vrese uit sekere oorde oor moontlike inmenging van die nasionale leierstruktuur by dié interne verkiesing, wat as een van die belangrikste in die party se geskiedenis beskryf word, doen die ronde.

Ander hou vol daar is geen bewyse van onbehoorlike betrokkenheid nie en dat sekere mense “identiteitspolitiek” en “vreestaktiek” vir eie gewin inspan.

Benoemings sluit Vrydag en die voorlopige aanduiding is dat minstens vier kandidate – waarvan net een kandidaat wit is – hulle beskikbaar gaan stel.

Mnre. John Moodey, gewese Gautengse DA-leier en lid van die Gautengse wetgewer, en Sej Motau, ’n DA-LP, het aan Rapport bevestig hulle gaan hulle vir die amp verkiesbaar stel.

Mnr. Ian Ollis, nog ’n DA-LP, het reeds sy veldtog begin.

Me. Janet Semple, huidige Gautengse DA-leier, het aannames dat sy haar nié beskikbaar gaan stel nie, afgeskiet en gesê haar besluit sal in die belang van die party wees.

“Ek moet nog ’n duideliker prentjie kry; daar kan nog baie gebeur.”

Mnr. Mmusi Maimane, die DA se nasionale woordvoerder, het gister gesê hy het nog nie finaal besluit nie. Daar word bespiegel hy sal wel betrokke raak.

Maimane het gerugte dat me. Helen Zille, partyleier, haar aan sy kant skaar as “moedswillige leuens” afgemaak.

“Dis ’n sinistere poging om my moontlike deelname verdag te maak nog voordat ek enige besluit geneem het (om tot die leierstryd toe te tree).”

Die 1134 afgevaardigdes na die DA se provinsiale kongres op 10 Maart moet besluit wie die regte mens is om die party tot 2014 se belangrike algemene verkiesing te lei.

Gauteng is ’n uiters strategiese provinsie vir die DA.

Nie net hoop die party om dié ekonomiese hartland van Suid-Afrika teen 2014 van die ANC af te rokkel nie, maar hoe die DA in Gauteng vaar, sal toon of die party werklik die vermoë het om deur die rasplafon te breek.

Die algemene uitgangspunt is dat swart kiesers aanklank moet kan vind by die DA se leier in Gauteng om die swaai waarvoor hulle hoop teen 2014 te bewerkstellig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

AUDI

A4 1.8T
2004
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.