Hare waai oor skole-godsdiens

2009-09-19 20:08
George Claassen

Prof. George Claassen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis oorlog oor skole-godsdiens.

Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.

Claassen, ook ’n buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch, tree op namens ’n groep ouers wat ontevrede daaroor is dat godsdiens wederregtelik in skole bedryf word. Die skole wat hy in sy visier het, sluit vooraanstaande instellings soos die Laerskool Stellenbosch en Linden se Laerskool Louw Geldenhuys in.

Skoolhoofde en onderwysorganisasies het ontstoke gereageer dat Skepties Suid-Afrika die regeringsbeleid oor skolegodsdiens waninterpreteer.

“Die Grondwet sê jy kan nie godsdiens afdwing nie, maar jy kan ewe min die afwesigheid van godsdiens afdwing,” reageer prof. Rassie Malherbe, grondwetkenner aan die Universiteit van Johannesburg.

Claassen meen onder meer dit is onaanvaarbaar dat skole soos die Laerskool Stellenbosch hulself amptelik beskryf as ’n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word.

Volgens Claassen sou daar verlede jaar by dié skool ’n Jesusweek plaasgevind het waartydens kinders geel strikkies kon dra indien hulle gelowig was. “Dit is net omdat ouers met ’n sekulêre wêreldbeeld oor dié openlike oortreding van die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys gekla het dat die skool die Jesusweek gekanselleer het.

“Onderwysers gebruik klastyd om Christelikheid te onderrig en ’n Christelike skeppergod te aanbid.”

Dr. Johan van der Merwe, voorsitter van die Laerskool Stellenbosch se beheerliggaam, meen Claassen beskuldig die skool verkeerdelik. Hul godsdiensbeleid “is nagesien en in orde bevind deur vooraanstaande kenners van die onderwysreg en konstitusionele reg.

“Dit is bevestig deur die direkteur van onderwys in die Wynlandstreek en die twee kringbestuurders.”

Die onderwysdepartement het glo ook al die godsdiensbeleid van die Laerskool Stellenbosch ondersoek en geen fout daarmee gevind nie.

Volgens mnr. Hawkie de Villiers, skoolhoof, is die deelname aan dié skool se godsdiensaktiwiteite “absoluut vrywillig”.

Mnr. Arrie Genis, skoolhoof van die Laerskool Louw Geldenhuys, het gesê die beskuldigings teen sy skool is feitelik verkeerd.

Mnr. Jaco Deacon, nasionale bedryfshoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, meen die regeringsbeleid laat wel ruimte vir godsdiens in skole.

“Ingevolge die raamwerk van die Grondwet kan ’n skool steeds ’n Christelike of ’n Moslemskool wees. Die Grondwet bepaal bloot jy kan nie meer alle leerlinge verplig om aan godsdiensaktiwiteite deel te neem of mense met ander menings uitsluit nie. Skole moet begrip en verdraagsaam- heid kweek, eerder as om een siening rigied af te dwing.”

Baie skole het glo selfs ’n godsdienskomitee sodat ’n verskeidenheid kerke in die omgewing betrokke kan raak.

Volgens Malherbe, wat al artikels oor die grondwetlikheid van skolegodsdiens gepubliseer het, is enige beleid oor dié kwessie ondergeskik aan die Grondwet se beskerming van godsdiensvryheid. Regter Arthur Chaskalson van die konstitu­sionele hof het reeds in die 1990’s bevind die staat moet ’n ruimte skep waar mense hul geloof vrylik kan beoefen. Dit sluit openbare skole in, meen Malherbe.

Daarenteen beskou Claassen sy organisasie se standpuntinname die naweek as ’n ultimatum aan skole.

“Skepties Suid-Afrika oorweeg dit om strafregtelike klagte teen skole aanhangig te maak tensy dié optrede dadelik gestaak word en skole begin om die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys te gehoorsaam. Ons woon nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat nie.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
302 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.