Hartseer oor klein Reiner
2012-10-04 04:58
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Mense uit alle oorde het hul medelye aan Reiner le Roux se gesin betoon.
Suid-Afrikaners het hul skok en hartseer oor die kleuter se afsterwe op ‘n Facebook-groep uitgespreek. Dié groep is gestig sodat die seun se gesin mense op hoogte van sy vordering kon hou.
“Klein
Reiner, in so kort tyd het jy verskeie mense se harte ver en wyd aan
gegryp – harte wat vandag stukkend is saam met jou gesin en familie.
Sterkte vir die familie en vriende met hierdie tyd...” het Kristel
Fourie, ‘n gebruiker van die sosiale netwerk, op die groep se muur
geskryf.
“Mag God vertroosting vir julle bring. My hart is so
seer vir julle. Hy is 'n engeltjie in die Hemel en sit aan God se
regterhand,” het ‘n ander gebruiker, Grietjie Swartz, geskryf.
Le
Roux (3) het op Erfenisdag saam met sy twee boeties, Lander (7) en
Ernan (9), agter op hul pa, Jaco, se bakkie met traliewerk om, in
Mosambiek gery.
Beeld het vroeër berig die kleuter het kop eerste van die bakkie af geval toe hy opgespring het om na lelies langs die pad te kyk.
Hy het vroeg Woensdagoggend in die Garden City-hospitaal in Johannesburg gesterf.
"Hy
is nou by ons Here Jesus Christus. Hou ons asseblief nog in jul
gebede,” het die kleuter se familie vroegoggend op die blad geskryf.
- Nuus24