Heffings: ‘Zuma moet ook betaal’

2013-01-20 00:02

Nkandla. Foto: Khaya Ngwenya/City Press

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wetgewing wat bewoners van tradisionele stamgrond in Suid-Afrika van munisipale heffings vrystel, moet dringend hersien word.

So meen kenners oor veral die eienaars van peperduur huise op stamgrond, soos pres. Jacob Zuma wat geen munisipale heffings op sy Nkandla-landgoed betaal nie.

Die mees onlangse syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA), wat die afgelope Donderdag in Johannesburg bekend gemaak is, toon dat sowat 14 miljoen Suid-Afrikaners op stamgrond woon.

Van hulle bly 69,3% in formele huise, het 76,5% toegang tot elektrisiteit en 75,4% tot lopende water.

Die provinsies met die meeste inwoners op stamgrond is Limpopo, KwaZulu-Natal (KZN) en die Oos-Kaap.

Zuma se Nkandla-landgoed in kwaNxamalala is op ’n deel van die 2,8 miljoen ha grond in KZN wat aan die Ingonyama-trust van koning Goodwill Zwelethini behoort.

Die stamgronddebat het opgevlam nadat die gemeenskapskoerant uMngeni News in Howick in KZN berig het Zuma betaal luidens die Nkandla-eiendomswaardasierol geen munisipale heffings vir Nkandla nie.

’n Kenner het aan Rapport gesê die munisipale heffings van ’n soortgelyke residensiële ontwikkeling van bykans R300 miljoen in Pretoria sal sowat R220 000 per maand beloop, “maar baie minder in ’n afgeleë landelike gebied soos Nkandla”.

Martin Fitchet, ’n direkteur van Knight Frank SA, ’n eiendomswaarderingsfirma, het aan Rapport gesê stamgrond hoef ingevolge die Wet op Munisipale Heffings van 2004 nie vir munisipale heffings-doeleindes gewaardeer te word nie.

“Stamgrond word deesdae egter al hoe meer gebruik om luukse huise van miljoene rande op te bou.

Daarom is daar ’n sterk gevoel dat die wetgewing wat dit reguleer, uit regverdigheid hersien moet word.”

Hy sê townships grens deesdae aan stamgrond.

“Daar is geen verskil nie omdat inwoners van stamgrond dieselfde munisipale dienste as dié in die townships ontvang.”

Ben Espach, ’n direkteur van Rates Watch en ’n munisipale eien­domsbelastingskenner, sê mense op stamgrond besit nooit die grond nie en het net ’n reg om dit te bewoon.

Die Ingonyama-trustraad sê in sy 2010-’11-verslag hy sien nie die nodigheid om sy grond te laat waardeer nie omdat dit ’n verkwisting van geld sal wees.

Dr. Rob Langner van die waarderingskonsultasiefirma Mass Appraisal Consultants in KZN sê die vrystelling van munisipale heffings van veral Zuma is tans ’n groot besprekingspunt onder inwoners.

“Hoekom word mense soos ­Zuma daarvan vrygestel?”

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het teen druktyd nie oor die aangeleentheid gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.