'Help ons medegyselaar,' pleit Strydoms

2001-04-21 21:24

Callie en Monique Strydom het 'n dringende beroep op die Filippynse regering gedoen om nie die lewe van 'n voormalige medegyselaar, mnr. Roland Ullah, in gevaar te stel nie.

Die Strydom-egpaar se beroep volg op 'n verwoede poging van die Filippynse regering die afgelope week om die Abu Sayyaf-guerrillas finaal uit te wis.

Die Abu Sayyaf het die Strydoms verlede jaar meer as drie maande lank saam met 'n groep plaaslike en buitelandse burgerlikes gevange gehou. Ullah is hul laaste Filippynse gyselaar nadat die weermag 'n Amerikaner, mnr. Jeffrey Schilling, twee weke gelede bevry het.

Die afgelope week is berig dat tien guerrillas en twee burgerlikes wat as menslike skilde gebruik is, omgekom het in gevegte met regeringsmagte. Dit volg op 'n opdrag van pres. Gloria Arroyo dat die rebelle uitgewis word.

Die Strydoms sê hulle het met groot kommer kennis geneem van die aanval op die Abu Sayyaf in 'n poging om Ullah te bevry.

"Ons het ernstige bedenkinge oor die sukses van só 'n reddingspoging; ons wil 'n dringende beroep op die Filippynse regering doen om te bevestig dat sy veiligheid die hoogste prioriteit sal geniet en die belangrikste oorweging met hierdie aanvalle sal wees - en dat die Filippynse regering verantwoordelikheid vir Roland se lewe sal aanvaar."

Die Strydoms het dit nietemin verwelkom dat die Filippynse regering "uiteindelik" verantwoordelikheid vir Ullah se lewe aanvaar het en hom as 'n gyselaar erken. Hulle het alle gerugte verwerp dat Ullah hom by die rebelle aangesluit het.

"Hy is nou al byna 'n jaar daar en verdien nie om in daardie hel te lewe en dat die wêreld moed opgee oor hom nie."

Die Strydoms sê hulle voel baie sterk dat die leiers van die groep, mnre. Galib Andang en Mujib Susakan, in hegtenis geneem en in 'n hof verhoor word omdat die meeste bewerings teen hulle waar is.

* Intussen het kykNET aangekondig dat die aktrise Sandra Prinsloo môreaand 'n onderhoud met Callie en Monique Strydom voer in haar program Sandra op 'n drafstap. Dit is môre presies 'n jaar nadat hulle deur die Abu Sayyaf gevange geneem is.

Dit is die eerste keer dat hulle op televisie vertel wat alles tydens hul aanhouding op die eiland Jolo gebeur het.

Jan Groenewald, vervaardiger van die program, sê Callie en Monique het hul hart oopgemaak. "Dit is 'n baie emosionele onderhoud. Kykers gaan in die bestek van 'n uur baie oor dié paartjie uitvind."

* Die Strydoms se boek, Shooting the Moon, word vandeesweek amptelik bekend gestel.

- Rapport

binne rapport

Weer
Ksd: 12-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-25°C Sunny. Mild. PE: 15-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!