Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Herrie oor groot beurs vir André P. Brink

2009-12-05 22:30

Dit gons in die skrywersgemeenskap oor die toekenning van die grootste beurs vir Afrikaanse skryfwerk aan André P. Brink.

Die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs van R350 000 word gefinansier uit die boedel van die kunstenaar Wallace en haar man, die skrywer Rabie.

Rabie is in 2001 oorlede en Wallace in 2005.

Dié testamentêre bemaking word deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) geadministreer en van vanjaar jaarliks toegeken.

Die 92 aansoeke is deur die skrywers Chris Barnard en E.K.M. Dido, en die voorsitter van UWK se departement Afrikaans en Nederlands, prof. Steward van Wyk, beoordeel en Donderdag aan Brink toegeken.

Vrydag het die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) gesê die keurders het hulle nie vergewis van die “letter en gees” van die Rabie-Wallace-testament nie, en dat ’n “verdienstelike skrywer van kleur” dalk ’n beter keuse sou wees.

Ook op Facebook het dit gegons soos skrywers foutgevind het daarmee dat die bekroonde Brink, “wat in elk geval ’n gevestigde skrywer is wat voltyds skryf”, dié groot beurs ontvang het.

Die ASV-voorsitter, die skrywer Willem Fransman jr., sê die beurs “is toegeken aan ’n uitmuntende kreatiewe mens wat dit verdien.

“Ons probleem lê nie by Brink nie, maar by die keurders. Sonder om afbreuk te doen wonder ’n mens of die beurs nie aan ’n verdienstelike skrywer van kleur moes gegaan het nie. Wat veral baat sou vind by die testamentêre bepaling ‘dat die skrywers sonder sorge?… moet kan skryf’. Ons reken daar was onder die 92 seker ook ander ‘verdiens-telikes’ wat hieraan sou voldoen.”

By navraag het Dido gister gesê Brink se aansoek vir sy boek oor die slawevrou Philida “het kop en skouers bo die res uitgestaan, hoewel nog twee skrywers op die kortlys was.

“As die ander twee gewen het, sou die reaksie dieselfde gewees het. Ons het dit verwag.

“Ons het gekyk na presies dít wat voor ons is – die aansoek op die tafel. Ook die diepte van die werk. Nie agtergrondskennis oor die skrywer nie.

“Dié toekenning moet as motivering dien vir skrywers wat weer aansoek wil doen.

“Om te praat van ‘bruin’, wys my daar is nog skrywers wat nie vrede gemaak het met hul identiteit nie. Hoe lank moet ek nog as ’n ‘agtergeblewene’ geëtiketteer word?”

Die drie keurders het nie vooraf gekoukus nie, sê sy. “Ons het bymekaar gekom, elk met sy eie keuse, en Brink het elke keer uitgestaan. Die groter komitee het ons ook skerp uitgevra oor ‘agtergeblewe’ skrywers. So ’n etiket laat my nie toe om vorentoe te beur en te strewe na prestasie nie?…

“En het skryfwerk dan ’n ouderdomsbeperking?”

Planne om ’n beurs vir skilderkuns toe te ken, gaan binnekort bekend gemaak word, sê sy.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


TB 12/8/2009 5:37:56 PM
Ja, skrywers het n ouderdomsbeperking. n Mens kan net skryf uit eietydse wedervarings. Ou Andre (en al sy mede tydgenote) het hul "sell by date" bereik. Weet wanneer jy dit bereik het en sê dan liewer: "Dankie, maar nee dankie". Dis nou tyd vir nuwe denkers.
Selma 12/8/2009 11:18:20 PM
Andre Brink is n bekroonde skrywer wie se publikasies in tientalle tale vertaal is,word. Hy was dosent aan Ikeys, verdien n pensioen asook tantieme uit sy boekverkope. Sal hom skaars as n sukkelende skrywer beskou.
Pieter Meyer 12/10/2009 9:45:18 AM
Moet ons nie bly wees dat die beurs toegeken is volgens meriete nie? Meriete behoort groter gewig te dra as om polities korrek te wees. Diegene wat glo dat ander skrywers se inskrywings beter was as Brink, moet dit bewys, maar waar sulke bewyse nie bestaan nie, moet almal eerder maar erken dat Brink hierdie toekenning verdien. Deur nie te "wen" nie behoort aspirant "wenners" net verder aan te spoor.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Tester

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 210,000.00

MERCEDES-BENZ

E 320 CDI
2005
R 209,995.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2009
R 145,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...