Heyneke, slag Morné!

2012-09-10 05:50

Morné Steyn se kop word deur kenners geëis nadat die Springbokke met 19-26 deur Australië in die Rugbykampioenskap-reeks verslaan is.

Die Springbokke se breinfloute met aanvalle wat hulle te voorspelbaar maak, swak dissipline en Steyn se broosheid op losskakel is deur kenners as die groot swakhede in die Bokke se ploeter-vertoning gister uitgewys.

Dié nederlaag beteken die Springbokke kon nie een van sy wegtoetse tot dusver in die reeks wen nie. Die Bokke het vroeër teen Argentinië in ’n wegtoets gelykop gespeel.

Die oproep van die kenners is dat die bloedjong Johan Goosen Saterdag in die beginspan teen die All Blacks moet wees. Goosen het gister as plaasvervanger agt minute se speelkans in Steyn se plek gekry.

Elton Jantjies, wat nie saam met die Bokke op toer is nie, is die ander losskakel wat die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, deel van sy planne moet maak.

Die voormalige Bok-kaptein Corné Krige sê die Bokke het gevaarliker gelyk toe Goosen opgestuur is.

“Ek sal graag meer van hom wil sien. Hy het so pas sy terugkeer van ’n besering gemaak, maar is ’n fenomenale speler en sal skerp genoeg wees,” sê Krige.

Naka Drotské, afrigter van die Cheetahs, is bekommerd dat die Bokke “baie voorspelbaar” op die aanval is. “Die voorspelers ontvang die bal baie diep van skrumskakel af. Jy sien ook nie dat die voorspelers van die bal af hardloop nie.

“Ek sal graag vir Goosen op losskakel en Pat Lambie op heelagter wil sien,” sê Drotské.

Ofskoon Jantjies nie op toer is nie, meen die voormalige Bok-senter Brendan Venter hy kan vorentoe vir die Bokke van waarde wees.

“Ek is ’n aanhanger van Morné, maar daar gaan ’n verandering op losskakel moet kom. Teenstanders wen meters in Morné se kanaal,” sê Venter.

“Morné is te diep op die aanval en staan veldgebied op verdediging af. Hy het nie altyd só diep gestaan nie. Dis omdat hy selfvertroue ontbreek.

“Ek dink Elton gaan die oplossing wees. Hy is die beste verdedigende losskakel in Suid-Afrika. Hy val ook goed aan en sy stelskopwerk is puik.”

Venter was omgekrap oor die Bokke se loskopstut, Tendai Mtawarira, se swak dissipline.

“Beast het vir die eerste drie punte (teen Suid-Afrika) net daar gelê en nie weggerol nie. Dis heeltemal onaanvaarbaar, want daar is nie eens ’n poging aangewend nie. Die voorval waar hy Kurtley Beale van die bal af gespeel het, was nog erger.”

Boonop is die Bok-slot Eben Etzebeth gisteraand vir gemene spel uitgewys oor hy die Aussie Nathan Sharpe glo met die kop bygedam het.

Rudy Joubert, voormalige Bok-hulpafrigter en tegniese raadgewer, meen daar moet aan die Bokke se wedstrydplan geskaaf word.

“Die plan van skop en druk op die teenstander plaas gaan in ’n mate sukses behaal, maar nie hierdie toernooi wen nie,” sê Joubert.

“Ons is groot en sterk, maar daar sal ’n bietjie slimmer gespeel moet word as ons no. 1 in die wêreld wil wees. Hierdie soort rugby gaan jou by tweede of derde hou.”

Die Bokke sal Nieu-Seeland Saterdag in Dunedin moet troef om nog ’n kans te hê om die toernooi te wen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.