Hidrobreking: Moratorium dalk gou opgehef

2012-07-15 00:00

Te min is nog bekend oor of daar wel skaliegas in die Karoo is en of dit die moeite werd is om te ontgin, lui ’n verslag wat nog voor die kabinet moet dien.

Die taakspan wat die verslag saamgestel het, meen dit kan tot Suid-Afrika se nadeel strek as ­hidrobreking verwerp word.

Hoewel maatskappye soos Shell vermoed dat daar ’n rykdom aan skaliegas onder die oppervlak is, sê die wetenskaplikes daar is ’n sterk moontlikheid dat die gas duisende jare gelede al deur dolomiet-“skoorstene” ontsnap het.

Die verslag word na verwagting eers volgende maand aan die kabinet voorgelê.

Hidrobreking is tans een van die mees omstrede omgewingskwessies ter wêreld.

’n Mengsel van water en chemikalieë word onder hoë druk in die rots ingespuit om die gas te onttrek wat diep in die skalierotsformasies vasgevang is.

Miljoene liters van dié mengsel word gebruik om deur die rots te breek sodat die skaliegas vrygelaat word.

Omgewingsgroepe soos die ­Treasure the Karoo Action Group (TKAG) vrees die mengsel kan die watervoorraad in die Karoo besoedel en boerderye bedreig.

Dié vrese en die teenkanting van die publiek het Susan Shabangu, minister van minerale bronne, gedwing om verlede April ’n moratorium op hidrobreking te plaas.

Shabangu het toe ’n interministeriële taakspan saamgestel om vas te stel of dit ’n lewensvatbare moontlikheid vir Suid-Afrika is.

Die taakspan het wetenskap­likes by sy werkgroep ingesluit.

Die publiek is nie gevra om voorleggings te maak nie omdat Shabangu ’n verslag wou hê sonder die “emosie” wat die debat oorheers het. Die moratorium geld steeds totdat die kabinet die verslag bestudeer het.

As dit goedgekeur word, kan ­hidrobreking ’n nuwe energietoekoms vir Suid-Afrika verseker en kan dit moontlik gebruik word om krag op te wek.

’n Verslag van Econometrix, wat deur Shell geborg is, lui dat hidrobreking R200 miljard in die Suid-Afrikaanse ekonomie kan inpomp en 850 000 werkgeleenthede skep.

Volgens betroubare bronne meen die taakspan dit sal onverantwoordelik wees om hidrobreking summier te verbied.

Hulle meen ook sommige omgewingskwessies, soos water­verbruik, moet van geval tot geval behartig word, waaronder die toestaan van waterverbruiklisensies of omgewingsimpakstudies.

Selfs al word die moratorium opgehef, beteken die verslag se fokus op eksplorasie dit sal minstens nege jaar duur voor hidrobreking begin.

Hidrobreking het minstens een getroue ondersteuner in die kabinet in die persoon van Dipuo ­Peters, minister van energiesake, wat sê sy “bid” dat hidrobreking toegelaat sal word.

“Pres. Jacob Zuma praat altyd oor armoede en werkloosheid en hoe dit opgelos moet word.

“As ­hidrobreking veilig is, behoort dit die weg te wees om te volg,” het sy die afgelope week by die Infrastructure Africa Business Forum in Sandton gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.