Hiér borrel rioolvullis uit storte

2010-03-13 23:20

Mnr. Mike Galvin wys waar onverwerkte rioolvullis by sy stort uitgeborrel het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In Louis Trichardt in Limpopo moet jy góú stort.

Die dorp se rioolstelsel is so voos dat jou buurman se onverwerkte rioolvullis tussen jou tone kan uitborrel.

Mnr. Mike Galvin, ’n inwoner, vertel die dorp se rioolpompe is buite werking en die rioolvullis het onlangs in die pype opgehoop en teruggestoot. Dit het deur sy stortvloer geborrel en ’n deel van sy huis oorstroom. Hy en sy vrou moes self opruim.

Die munisipaliteit se oplossing was om ’n gat in die bogrondse rioolpype naby sy huis te slaan sodat die riool in die veld kan inloop.

Keelvol inwoners weerhou die afgelope drie jaar hul erfbelasting weens soortgelyke probleme.

Volgens mnr. Herman Smith, woordvoerder van die Soutpansberg-belastingbetalersvereniging, is R2,5 miljoen reeds teruggehou en in ’n prokureur se rekening inbetaal. Daar is tans nog hofsake hangende tussen die vereniging en die munisipaliteit.

Veral kroniese watertekorte is ’n probleem.

Die watertekort is die gevolg van ’n geskil tussen die munisipaliteit en ’n swart-ekonomiese-bemagtiging-kontrakteur wat ’n nuwe waterreservoir begin bou het. Dit is halfpad gestaak weens swak bouwerk.

Mnr. Stephen Hofmann, ’n boer, sê dis moontlik dat die belastingbetalersvereniging ’n parallelle munisipaliteit op die been sal moet bring om dienste te lewer.

“Ons is baie bekommerd dat boere se watertoevoer deur die dorp se rioolvullis en landbouprodukte met Escherichia coli (E. coli) en salmonella besmet sal word.”

Me. Eliza Matumba van Tshikota net buite die dorp sê amptenare by die munisipaliteit moet deur bekwame mense vervang word. Haar grootste wens is vir ’n Hop-huis met ’n spoeltoilet. Sy gebruik die veld buite haar sinkhut as ’n toilet.

- In Phalaborwa, waar inwoners sedert Mei 2008 belasting weerhou, is R750?000 reeds in ’n fonds inbetaal, sê mnr. Tommie Marais, bestuurskomiteelid van die belastingbetalersvereniging.

Dié vereniging beplan om die paaie in die sentrale dorpsgebied daarmee te herstel.

Volgens Marais beland onverwerkte rioolvullis uit Phalaborwa gereeld in die aangrensende Krugerwildtuin se riviere. Die saak is by die Groen Skerpioene aangemeld, maar sonder enige reaksie.

Mnr. Oulik Mashego, ondervoorsitter van die belastingbetalersvereniging hier, het ’n groot probleem daarmee dat ’n klein groep mense gedwing word om vir elektrisiteit en water te betaal, terwyl soveel ander dit gratis kry.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TDi Sportline Dsl
2006
R 195,995.00

TOYOTA

RAV4 2.0 4x4 5-dr MY00
1997
R 75,500.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2005
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.