Hillary Clinton op pad na SA om bande te versterk

2012-07-28 23:56

Hillary Rodham Clinton, die Amerikaanse buitelandse minister, kom kuier volgende week om bilaterale bande met Suid-Afrika nóg verder te verstewig.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Donderdag aangekondig Clinton kom van 4 tot 7 Augustus. Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het teen Vrydagaand nog nie ’n vaste reisplan vir haar besoek gehad nie.

Clinton en adj.pres. Kgalema Motlanthe het as vernaamste gaste die afgelope week in Washington met die opening van die 19de Internasionale Vigskongres ’n verhoog gedeel. Die aankondiging van haar besoek is ná afloop van die kongres gedoen.

Rapport kon vasstel dat Clinton voorlopig volgende Sondag in Johannesburg sal land en dan twee dae later na Kaapstad sal vertrek.

Clinton was drie jaar gelede in Suid-Afrika as deel van ’n amptelike besoek aan ’n groep Afrika-lande.

Die afgelope twee weke was die burgeroorlog in Sirië hoog op die agenda van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad waarin Amerika (as permanente lid) én Suid-Afrika dien. Amerika het sanksies ondersteun, terwyl Suid-Afrika buite stemming gebly het. Rusland en China het dit egter geveto.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre Rear Spear sê... Martin Fillis maak jare reeds nes hy wil en kom weg daarmee. Hy is onwettig aangestel, maar sit nog steeds in sy pos. Sy munisipaliteit het nog nooit 'n skoon/ongekwalifiseerde oudit gekry nie, hy en sy pel Martin Kivedo (wat met dieselfde salaris ge-"demote" is toe hulle uitvind dat hy nie vir sy pos gekwalifiseer is nie) keur vir hulleself die jeeeeeerliiikste!! "prestasie"-bonusse toe (presteer die dorp in sy #&%@ in), hy het so pas Grib en Vos Joinery gekoop (met wie se geld?), boer Loxton se dorpsmeent skynbaar op sy vrou (een van hulle?) se naam, het 'n vloot voertuie wat vir niks skrik nie en teel soos 'n konynmannetjie op viagra. In 'n land met 'n rampokkerpresident kry jy sulke rampokkertjies. Geniet dit boet. Min dae. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.