‘Hoekom nou eers?’ Cronjé-familie vermoed lankal leuens

2013-01-20 00:02

Hansie Cronje (Gallo Images)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Heksejag teen Hansie. Dit, sê Frans Cronjé, sy broer, is waarin die krieketbase en media die King-kommissie laat ontaard het.

“Dit was of hulle nie bereid was om my broer se getuienis te aanvaar nie.

“Ek dink hulle het gedink hy was betrokke by meer as wat hy gesê het.”

Frans en die res van die Cronjé-familie het die afgelope week gereageer op beweringe wat nou opduik dat spelers ­jare gelede gedwing is om te lieg in getuienis teen dié gewilde krieketspeler weens wedstrydknoeiery.

Hansie is in 2002 in ’n vliegongeluk dood.

Hansie se pa, Ewie, sê hulle het al die jare vermoed dat mense gelieg het, maar hulle het net nooit bewyse gehad nie.

“Dis net vir my snaaks; hoekom nou?”

Hy sê hulle is daardie tyd al deur hel.

“'n Mens is nie nou weer lus daarvoor nie.”

Henry Williams en Her­schelle Gibbs is in 2000 vir ses maande uit internasionale krieket geskors.

Williams het destyds getuig Cronjé het hulle geld aangebied in ruil vir onderprestasie in ’n wedstryd teen Indië.

Williams beweer nou hy is nooit ’n spesifieke bedrag aangebied soos destyds getuig is nie.

Hy sê ook prokureurs het druk op hom en Gibbs uitgeoefen om hul getuienis voor die King-kommissie “aan te pas” sodat die saak teen Cronjé sterker sou wees.

Williams se selfoon is sedert Woensdag afgeskakel.

Gibbs is nou in Australië en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Cronjé se suster, Hester Parsons, sê sy het nog nooit rustigheid gevind oor die hele saak nie.

“En ’n mens sál ook seker nie voor jy die volle waarheid weet nie. Ek raak moeg vir mense se bespiegeling van wat regtig gebeur het.

“Niks sal ooit my broer terugbring nie, so ek verstaan nie regtig hoekom hy (Wil­liams) nou, ná amper 12 jaar, met die waarheid wil uitkom nie.”

Sy vra gereeld of die reg altyd regverdigheid bring.

Volgens haar was en sal Hansie altyd “die ongelooflikste broer, seun, vriend, man en krieketkaptein” wees.

Parsons sê dit maak seer om te dink daar was wel mense wat met hul hand op die Bybel gesweer het hulle praat die waarheid en nou kom dit uit dit was leuens.

Frans sê 12 jaar later is daar geen inligting wat daarop dui dat Hansie nié die waarheid gepraat het nie.

“Dit is ook belangrik om te onthou dat Hansie baie duidelik erken het dat hy verkeerd was om geld van die bookies te aanvaar. Hy het duidelik in die openbaar verskoning gevra.

“Maar dis ook belangrik om te onthou dat hy nooit ’n wedstryd verloor het of swak gespeel het nie. Die geld wat hy aanvaar het, was altyd in ruil vir inligting.”

Hy sê sy broer het dit beklemtoon in die laaste sin van sy getuienis.

Frans sê die familie het lankal almal vergewe en hulle gaan aan met hul lewe.

“Ons het almal gesê wat ons wou sê in die biografie, fliek en dokumentêr wat oor Hansie gemaak is.”

Die afgelope vakansie het hulle Kersfees saam met Hansie se weduwee, Bertha du Plessis, en haar gesin gevier.

Bertha is ná Hansie se dood met ’n ouditeur van George, Jacques du Plessis, getroud.

Bertha sê as sy nou Williams se uitlatings hoor, bring dit weer al die herinneringe terug van hoe swaar haar man destyds gekry het in die King-kommissie se ondersoek.

“Ek onthou hoe sleg dit vir Hansie was en dis nie lekker nie.”

Leslie Sackstein, wat destyds as prokureur vir Hansie opgetree het, sê hy het Williams se storie in die koerant gelees, maar hy weet nie hoe akkuraat die beriggewing is nie.

“Dis net vir my snaaks dat hy nou, tien jaar ná Hansie se dood, wil uitkom met die waarheid.

“Daar is geen manier dat ek weer by die saak betrokke sal raak nie. Dis alles water onder die brug deur.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Frikkie Botes sê... die ANC ondersteun volksmoordenaars omrede die ANC ook een is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 10-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.