Hof sê hy kan matriekafskeid toe

2012-08-26 00:06

'n Facebook-foto van Jean van Niekerk

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hul matriekafskeid is al beplan sedert hulle kleuters was.

Vroeg vanjaar is die matriekafskeidrok deur ’n bekende modeontwerper van Bloemfontein geskep en die Giorgio Armani-pak uit Europa ingevoer vir die spesiale geleentheid.

Jean van Niekerk en Quinli Hugo, sy boesemvriendin van kleuterskooldae, was reg vir die swier-geleentheid.

Toe die uiterse teleurstelling.

Die spogseunskool St. Andrews in Bloemfontein het nie aan Van Niekerk ’n uitnodiging gestuur nie.

Die rede? Sy gedrag is swak.

Gister het die nagmerrie skielik tot ’n einde gekom toe die Vrystaatse hooggeregshof net ’n paar uur voor die matriekafskeid die skool beveel het dat Van Niekerk die matriekafskeid mag bywoon.

“Dit is die beste nuus wat ek nog ooit gekry het,” sê Quinli opgewonde. “Ons is regtig maatjie-lief vir mekaar en doen altyd goed saam. Die matriekafskeid is veronderstel om iets baie spesiaals te wees vir ons vriendskap. Ons het maande lank daaraan beplan.

“Ek was verpletter toe Jean aan die begin van Augustus verbied is om die matriekafskeid by te woon. Ek het vir die res van die maand dag ná dag daaroor gehuil,” sê Quinli.

Van Niekerk het ’n dringende aansoek teen die skool, sy beheerliggaam en die LUR vir onderwys ingedien en is deur die skool teengestaan.

Die hof het die interdik gister toegestaan.

Quinli sê sy het gisteroggend gewag en gewag vir ’n antwoord van die hof.

“My senuwees was klaar. Moet ek solank begin regmaak, of moet ek die ergste verwag?”

Toe kom die uitspraak gister voor oggend-tee dat die skool hom nie kan weier nie.

“Ek is verskriklik trots op Jean en sy ouers dat hulle enduit vir ons baklei het,” sê Quinli.

Marlene Cloete, Quinli se ouma, sê hulle moes gister ná die hofuitspraak behoorlik rondspring om die kinders reg te kry vir hul groot aand.

Cloete sê hulle is steeds woedend vir die skool.

“As Jean verkeerd opgetree het kon hulle vir hom ’n ander straf gegee het soos om in die tuin te werk. Dit is belaglik dat die skool albei die kinders se groot oomblik só van hulle wou wegvat. Dit is onmenslik,” sê Cloete.

Jean se pa, Cas, wou nie oor die voorval praat nie.

“Ek het na aanleiding van die hofsaak ’n ooreenkoms met die skool aangegaan dat nie ek of Jean verder hieroor praat nie,” sê hy.

“Al wat ek wel kan sê, is dat die hofsaak my ’n groot klomp geld gekos het,” sê hy.

Van Niekerk het in hofstukke aangevoer hy en 11 ander leerlinge het nie op 1 Augustus uitnodigings ontvang nie.

Die ander seuns wat só gestraf is, is onder meer met dagga betrap. Een het glo nie geskeer nie, ’n ander se hare was te lank en nog een het ’n onderwyseres in die klaskamer laat huil.

Christopher Thomas, skoolhoof, het aan Cloete gesê dit is weens sy gedrag dat hy nie genooi is nie.

Al die ander seuns het intussen uitnodigings ontvang nadat hulle hul gedrag verander het.

Jean sê die skool kon nie vir hom of sy pa ’n spesifieke rede gee waarom hy nie die matriekafskeid mag bywoon nie.

Eers was dit dat hy na rook geruik het, toe sy gedrag, toe dat sy wiskunde nie op datum is nie en daarna dat sy kunswerk agter was.

Sy wiskunde was op datum en die kunswerk het hy gemis toe hy in ’n kliniek behandel is.

Jean het provinsiale kleure in swem en karate.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
111 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... 'n Miljoen Rand 'n maand vir drie jare agtermekaar -- glad nie sleg nie! Hierdie dames kan mos op 24 jarige leeftyd klaar aftree. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.