Honde ís baas van die plaas

2012-12-29 23:17

Hondeliefhebbers het gegrom toe pres. Jacob Zuma die afgelope week gesê het sekere Suid-Afrikaners het honde meer lief as mense en besoeke aan die veearts is deel van die wit kultuur.

Hoe lief Suid-Afrikaners vir mekaar is, is ’n debat vir ’n ander dag, maar besteding aan honde wys duidelik dat Woef se welstand ononderhandelbaar is, ongeag die prys.

Dagsorgsentrums vir honde is in stede soos Johannesburg en Kaapstad ’n algemene verskynsel.

Vir tussen R50 en R110 per dag sal iemand Wagter versorg sodat dié nie tuis sit en kattekwaad aanvang nie.

Verblyf in ’n hondeherberg vir Snuffels as jy uitstedig is, jaag eienaars tussen R100 en R275 per dag uit die sak.

Die eintlike groot bedrae is eers ter sprake wanneer jou hond siek raak.

Volgens die gids van voorgestelde tariewe vir 2013 van die Suid-Afrikaanse Veeartsenyraad kan veeartse tussen R186 en R487 vir ’n konsultasie vra.

Nauurs kan dit styg tot tussen R621 en R1 047.

As Kolle ’n operasie nodig het, wissel die koste van R1 211 tot R2 900 per uur.?

Tandheelkunde kan tussen R1 767 en R2 974 per uur beloop en ’n sterilisasie tussen R819 en R1 376.

Kry jy stuiptrekkings oor die vooruitsig van Oortjies se mediese uitgawes?

Oorweeg dan ’n korttermyngesondheidspolis van MediPet of Petsure.

Teen tussen R95 en R200 per maand word jy beskerm teen die ergste verrassings.

As Pote gesond en gelukkig is, mag ’n mens wonder wat meer ’n brak kan vra.

Maar daar is altyd iets. Sonbril: R365. Of ’n ontwerpersrokkie van die Le Paw­tique-hondeboetiek in Johannesburg vir sowat R270.

Hondeskoene met glyvrye sole (R150 tot R350) en ’n stootwaentjie vir Boel met sy kort bene (R1 000 tot R1 450) is ook te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
62 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C High level clouds. Mild. Pta: 5-17°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-13°C Sunny. Cool. Bfn: 1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.