Hou nasionalisering van grond as ’n opsie, sê ANC

2012-09-29 23:27

Die nasionalisering van grond om grondhervorming te bespoedig moet ’n opsie bly, sê die ANC.

Die ANC het die afgelope week sy finale beleidsvoorstelle, voortspruitend uit sy beleidskongres in Junie in Midrand, op sy webwerf gepubliseer.

Luidens die dokument, onder die opskrif “Gewillige koper gewillige verkoper”, word die volgende nou ingesluit: “Hou nasionalisering as ’n opsie.”

Toe pres. Jacob Zuma en Tina Joemat-Pettersson, woordvoerder van die ANC-kommissie oor grondsake, ná afloop van die beleidskongres in Midrand die party se voornemens betreffende grondhervorming bekend gemaak het, was nasionalisering nie ter sprake nie.

Zuma het ’n maand later in ’n onderhoud met die SAUK gesê nasionalisering sal nie ANC-beleid word nie en grondhervorming moet ingevolge die Grondwet gehanteer word.

Dit was Joemat-Pettersson se taak om die Midrand-beraad se oorwegings te vervat in voorstelle wat in Mangaung resolusies van die party kan word.

Nou is dié opsie van nasionalisering skielik by die agenda vir Mangaung gevoeg.

Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het nie in haar hoedanigheid as ANC-woordvoerder oor grondsake op Rapport se navrae gereageer nie.

Dr. Lourie Bosman, voormalige Agri SA-voorsitter en ’n DA-LP, het aan ­Rapport gesê dit is ietwat uit die bloute dat nasionalisering nou weer ter sprake is. “Ons het wel die onderneming van ANC-LP’s dat dit nie so ver sal gaan nie, maar bloot gebruik word om binne die party te paai.”

Athol Trollip, DA-woordvoerder oor grondhervorming, het by navraag gesê hy weet nie hoe ’n mens grond sou nasionaliseer gegewe die voorskrifte van art. 25 van die Grondwet nie.

Beleidsvoorstelle by die Midrand-kongres was oorspronklik die onteiening van grond ingevolge art. 25 van die Grondwet, en onteiening sonder vergoeding waar grond wederregtelik bekom is. Dié voorstelle word in die finale dokument vervat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Ai ek mis hom omtrent. Hy het 'n groot verskil gemaak vir sy mense, hy het 'n hart van goud gehad en kon nog baie gedoen het. 'n Mens kan maar net wonder wat hy nog kon vermag het, maar nou ja, dis alles verby. Wie sal sy twee skoene vol kan staan? Wie sal die raadslede en ander politieke figure kan aanspreek met "flair" en "charm" terwyl hy hulle op hul selfsug wys? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.