Howzat, Goliat!

2013-01-27 00:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die langste krieketspeler in die 136-jarige geskiedenis van toetskrieket moet spesiaal stewels vir sy no. 15-voete laat invoer.

Wanneer die 2,16 m (oftewel sewe voet een) lange Pakistanse snelbouler Mohammad Irfan (30) op die veld is, troon hy behoorlik bo sy spanmaats uit.

Die Pakistanse span is tans in Suid-Afrika en gaan in drie toetse, twee T20-wedstryde en vyf eendagwedstryde teen die Proteas speel.

Ondanks ’n versoek vir ’n spesiale bed vir Irfan van die spanbestuurder, Naveed Akram Cheema, aan ’n hotel in Oos-Londen waar hulle tuisgaan, is daar nie een voorsien nie.

Dit beteken Irfan moet op ’n gewone 1,8 m lange bed slaap totdat ’n spesiale bed gereed gemaak kan word.

’n Bed is egter nie Irfan se enigste uitdaging nie.

In Suid-Afrika is kosyne gewoonlik 2 m hoog.

Hy sal moet buk as hy by ’n vertrek instap.

Irfan is in die Punjab-provinsie in Oos-Pakistan gebore.

Hy het in ’n onderhoud met die Pakistanse media gesê hy het begin uitskiet toe hy in gr. 8 was.

Sy lengte was nog altyd vir hom ’n probleem, al was sy vier broers ook almal langer as 1,8 m.

“Ek kon nie behoorlik in die skoolbus sit nie, my uniform het gou-gou nie meer gepas nie en mense het my begin terg.”

Hy het toe ’n spesiale sitplek in sy vriend se kar ingerig en só skool toe gegaan.

“Ek sou twee beddens in ’n ry langs mekaar sit om ordentlik te slaap. Toe ek begin krieket speel het, het ek gesukkel om stewels te kry.”

Danksy sy lengte kan hy menige kolwer laat les opsê wanneer hy ’n bal teen ’n spoed van 140 km/h afvuur.

Maar die vraag is: Behoort die Proteas hul keer te ken teen dié Goliat en sy span?

Beslis, ja!, sê die oud-Protea en krieketkommentator Fanie de ­Villiers.

“Die manne gaan bontstaan en ’n paar van hulle gaan beslis bloukolle hê. Graeme Smith se pinkie word gereeld raak geboul. Hy sal versigtig moet wees, anders is hy uit die toets en ons het hom nodig.”

De Villiers sê die gevaarlikste snelboulers in wêreldkrieket boul wegswaaiers soos Dale Steyn.

“Dit is baie selde dat ’n lang ou soos Mohammad konstant ’n wegswaaier kan boul. Sy lang arms maak dit vir hom moeilik.”

AB de Villiers, onderkaptein van die Proteas, meen Irfan se lange lyf maak dit vir hom ­(Irfan) onmoontlik om sy teenstander been voor paaltjie te betrap.

Maar hy erken: “Mohammad gaan ’n handvol wees. Ons is reg vir hom.”

 Bykomende bronne: AFP en NDTV.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Annelize Potgieter sê... Hartseer nuus om te hoor.. Sharp Sharp Vuyo, Rest in peace old friend! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.