Huise kan nie gebou word nie

2012-06-23 23:54

Ontwikkelaars én die staat is miljarde rande kwyt omdat die regering ’n konstitusionele hofbevel verontagsaam het om teen 17 Junie wetgewing te bekragtig om ontwikkelings soos goedkoop behuising en winkelsentrums te verwerk.

Alle nuwe aansoeke om ontwikkelings kan nou net ingevolge apartheidsordonnansies van die eertydse provinsies gedoen word.

Dit beteken landelike gebiede en townships in voormalige tuislande en selfregerende gebiede kan nie nuwe nedersettings met basiese dienste kry nie.

Gebiede in KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Oos-Kaap word geraak.

Dié wetgewing is onontbeerlik vir die ANC se planne vir landelike ontwikkeling wat in die komende week op die party se nasionale beleidskongres in Midrand bespreek gaan word.

Die Wetsontwerp op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur is Maandag in die parlement ter tafel gelê, maar ’n hofbevel om die ongrondwetlike Wet op die Fasilitering van Ontwikkelings (DFA) te vervang, het die vorige dag reeds verstryk.

“Daar is nou geen wetgewing vir ontwikkelings nie,” het adv. Ivan Pauw eergister aan Rapport gesê.

“Geen nuwe aansoeke word aanvaar nie en daar is ook onsekerheid oor hangende aansoeke. Die hof het nooit uitsluitsel gegee oor wat op 18 Junie moet gebeur nie,” het Pauw gesê.

Hy verwys na projekte in Polokwane en Ekurhuleni met 11 000 goedkoop behuisingseenhede elk wat “hangende” is.

Aansoeke wat tot R1 miljoen elk beloop, sal óf verval óf onbepaald uitgestel word.

Pauw het in April namens ontwikkelaars ’n hofaansoek ingedien om verdere uitstel vir die wetgewing te vra.

Hul aansoek is verwerp omdat die hof gemeen het die verantwoordelike staatsdepartement is genoeg tyd gegun.

Die oorspronklike hofbevel het in 2010 bepaal nuwe wetgewing moet teen 17 Junie 2012 van krag wees omdat twee hoofstukke van die DFA ongrondwetlik is.

Dié hoofstukke verwys na provinsiale tribunale as meganisme om aansoeke vir ontwikkelings te hanteer, maar die hof het gesê aansoeke moet op munisipale vlak oorweeg word.

Sunday Ogunronbi, uitvoerende bestuurder belas met grondgebruikbestuur in die nasionale departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het aan Rapport gesê die provinsies kán aansoeke aanvaar.
“Dis net plek-plek waar daar nie ’n meganisme vir aansoeke is nie.”

Frandri Smith, hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beplanners, het gesê die DFA is juis in 1995 geskryf om rompslomp uit te skakel vir die regering se heropbou-en- ontwikkelingsprogram.

“Terwyl provinsiale tribunale nie meer aansoeke mag oorweeg nie, moet relevante munisipaliteite (ingevolge ordonnansies) self aansoeke oorweeg.

“Sonder ’n wet is daar nie ’n raamwerk waarvolgens hulle dit kan doen nie én vele munisipaliteite het eenvoudig nie die vermoë nie, want daar is nie ’n stadsbeplanner of ingenieur nie,” het sy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Desmond Coertzen sê... Man voetsek uit my pad uit ek moet gaan beeste oppas Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.