Hy het GUTS – Oscar se oupa

2012-08-12 00:10

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Wat ’n teleurstelling!” roep mnr. Hendrik Pistorius (95) uit en staar verslae na die televisie.

Sy kleinseun Oscar Pistorius wag tevergeefs vir die aflosstokkie in die uitdunronde van die 4x400?m-aflos nadat sy spanmaat Ofentse Mogawane geval het.

Hendrik se oë is vol trane. Die teleurstelling te groot.

Minute voor die skoot geklap het, het Hendrik nog trots gefluister: “Jy weet, hy is die eerste en enigste ou sonder bene daar by die Spele.”

Later sou hy tot sy vreugde hoor dat Oscar wél in die eindronde van die afloswedloop in Londen sou hardloop. Suid-Afrika se appèl het geslaag.

“’n Mens raak maar emosioneel oor jou kinders en kleinkinders.” Hy verstaan hoe Bert le Clos, pa van die swemkampioen Chad le Clos, voel.

Hendrik en sy vrou, Gerti (89), woon in ’n woonstel op die tiende verdieping van ’n ouetehuis in Pretoria.

“Dis soos Oscar se hoofkantoor,” wys hy na die koerantuitknipsels oor Oscar wat oral teen die muur geplak is. Daar is ook talle foto’s.

“Hoeveel kinders het oom dan?” vra jy. Hy glimlag, antwoord: “Sover? Sewe.”

En 25 kleinkinders en 15 agterkleinkinders met nog 4 op pad.

Die foto’s teen die muur van Oscar en Hendrik vertel die storie van die veggees in die Pistorius-bloed.

Hendrik skryf Oscar se prestasies toe aan sy “guts”.

“GUTS met hoofletters. Hy aanvaar not de donder dat hy ’n agterstand het nie, hy veg. Dit is wat hom suksesvol maak.”

Hy onthou die tyd goed toe daar besluit is om baba Oscar se “gebreklike beentjies” te amputeer.

“Dit was moeilik. Maar as ’n mens moet aanvaar, dan aanvaar jy.” Sy geheue is glashelder. Hy onthou toe ’n sak pampoene ’n halwe kroon gekos het, ’n streepsak was ’n sikspens, hoe hy in die Tweede Wêreldoorlog kraalmis verkoop het.

Hy was onderwyser, toe boer, en van sakeman tot boksafrigter en vlieënier.

Daar is selfs ’n straat in Lephalale (Ellisras) na hom genoem.

Hy het diep spore in die landboubedryf getrap met sy navorsing oor die toetsing van kalk.

Net verlede week is hy tot president van die veteraanboksers-vereniging gekies.

En hy slaan nog elke dag die slaansak in sy gimnasium.

Een van Hendrik se lewensfilosofieë is: “Be a gentleman. Gentle, but a man.”

Dan dra hy ’n gedig van Siegfried Sassoon uit sy kop uit voor en vertel van Gerti, die liefde van sy lewe met wie hy al amper 70 jaar getroud is.

Sy verhouding met al sy “kindertjies” is goed.

“As hy (Oscar) hier is, dan kom kuier hy vir sy oupa. Hy is besig en baie oorsee, maar ons het ’n goeie verhouding.”

Oor sy kleinseun het Hendrik baie staaltjies.

Oscar het die eerste keer toe hy ’n prostese met tone gekry het, sy voete by die kar se venster uitgesteek en gegil: “Kyk Oupie, ek het tone!”

Oscar was nog altyd ’n platjie sonder “hang-ups”, sê Hendrik.

Hy vertel hoe ’n vrou vir Oscar, toe nog in die laerskool, aangestaar het in ’n winkel.

“Toe sy haar inkopiemandjie neersit, sit Oscar sy een prostese in die mandjie. Dit was skreeusnaaks.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-12°C Sunny. Cool.
Dbn: 11-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!