Hy kry WVK-geld danksy berig

2012-01-28 23:09

Danksy ’n berig in Rapport het ’n pa besef hy kan geregtig wees op slagoffervergoeding van R30 000 wat deur die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) aan sy oorlede seun toegewys is.

Mnr. Gert Teko Gotyana (54) se seun, mnr. Itumeleng Ernest Kojane, is in 1994 ernstig gewond toe ’n AWB-lid op hom geskiet het.

Gotyana van Hertzogville in die Vrystaat sê sy seun het verkies om sy van op ’n ander manier te spel.

Gotyana sê iemand in die dorp het verlede jaar in ’n Rapport-berig gelees die departement van justisie soek na sy seun rakende onbetaalde slagoffervergoeding.

Die persoon het die berig vir ’n werknemer gegee om dit op sy beurt vir Gotyana te neem. Gotyana het met die berig in die hand na die polisiekantoor in Hertzogville geloop.

Polisiebeamptes het Rapport gekontak, waarna Gotyana met die departement in kontak gebring is.

Gotyana sê amptenare het gevra dat hy dokumentasie oor Kojane se ma, wat oorlede is, aan hulle stuur.

Gotyana het nie ’n heeltydse werk nie.

Weens gesondheidsprobleme doen hy net af en toe ligte tuinwerk.

Sou hy die R30?000 ontvang, wil hy ’n grafsteen op sy seun se graf in Hertzogville oprig.

Luidens die WVK se finale verslag was Kojane ’n ANC-ondersteuner wat in ’n optog in 1994 gewond is toe ’n AWB-lid voor die landdroshof in Hertzogville op hom geskiet het.

Kojane was toe 15 jaar oud.

Gotyana sê sy seun het in 2004 weens onverwante omstandighede selfmoord gepleeg.

* Kojane is een van 21 769 mense wat volgens die WVK op vergoeding geregtig sou wees. Altesame 16 837 van hulle, insluitende Kojane, het wel om vergoeding aansoek gedoen.

Mnr. Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van justisie, het gesê uitbetalings is reeds aan 16 300 begunstigdes gedoen. Van die oorblywende 537 moet 434 nog opgespoor word, asook die naasbestaandes van 103 wat reeds gesterf het.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

robi.schwab.3 sê... Richard, dankie vir jou openbarende kommentaar. Dit lê presies Suid Afrika se probleem bloot. Daar's te veel WITTES daar wat net soos jy so vér agteruit gegaan het sedert die land aan die ....... verkoop is dat die hele SA populasie wat nog 'n verskil kon maak presies net soos jy redeneer em net mooi sweet boggerôl eers wil probeer doen ten einde hulleself EN ook hulle LAND uit die gemors te verlos nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.