Hy soek net aandag en sensasie – Byleveld

2012-01-28 23:10

Oudbrig. Piet Byleveld, die man wat me. Leigh Matthews se moordenaar binne drie weke agter tralies gekry het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 “Dis sy skuldgevoel wat Donovan Moodley so jaag. Dís hoekom die vent so maer geword het in die tronk.”

Dis die kommentaar van oudbrig. Piet Byleveld, die man wat me. Leigh Matthews se moordenaar binne drie weke agter tralies gekry het, op Moodley se merkbaar skraler figuur die afgelope week in die Johannesburgse hooggeregshof.

Moodley, wat reeds sewe jaar van sy lewenslange tronkstraf uitgedien het, doen aansoek om ’n herverhoor.

“Die getuienis teen Moodley was verdoemend. Al wat Moodley soek, is sensasie en aandag. Hy’s nes ’n akteur en hy maak ’n sirkus van ons regstelsel. Hy het al die geleentheid in die wêreld gehad om vir sy twee regsverteenwoordigers te sê hy wil onskuldig pleit. Hy het nie. Nou, ná ses jaar, kom hy met dié onsin uit.”

Byleveld sê hy is spyt dat Moodley se skuldbekentenis tot gevolg gehad het dat hy nie ’n volledige verhoor gehad het nie. “Onder kruisverhoor sou meer dinge uitgekom het.

“Moodley sou nie nou die regstelsel só kon misbruik nie.”

Moodley se bewerings dat drie dwelmsmouse hom gedreig het om by Matthews se ontvoering betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van hulle, ene Jemba, haar doodskiet, is totale snert, sê Byleveld.

“As Moodley met drie dwelmhandelaars saamgewerk het, hoekom het hy dan nie sy losprys met hulle gedeel nie? Dink jy hulle sou Moodley toegelaat het om die volle losprys te hou? Ek kon net R1 500 van die volle losprys van R50 000 in Moodley se rekening nie verklaar nie. Dit was waarskynlik geld vir brandstof.”

Byleveld is oortuig Moodley het die ontvoering/moord alleen uitgevoer. “Hy het selfs die vorige aand by die Formule 1-hotel naby die kampus waar Matthews ontvoer is, ingeboek en observasie gehou. Ek het al die bewyse daarvoor. Ek volstaan ook daarby dat mense ná aan hom daarna gehelp het om die lyk iewers in ’n verkoelde plek weg te steek.”

Ná sy inhegtenisneming het Moodley sy pistool, asook Matthews se ring en verbrande klere, uitgewys. “Die uitwysingsprosedure is volgens wet gedoen; alles is volledig op foto’s vasgelê. Moodley lieg as hy sê daar was onreëlmatighede en dat ek van bewysstukke ontslae geraak het.” Moodley het ook aan Byleveld ’n CD gegee met briewe aan sy ouers en verloofde waarin hy hulle om verskoning vra en sê hy gaan vir ’n lang tyd tronk toe.

Hy het daarna op sy knieë voor sy ouers gegaan en voor Byleveld en die polisiefotograaf beken dat hy Matthews vermoor het. “Hy het sy ouers om verskoning gevra dat hy die familie se naam skade berokken het.”

Moodley se bewerings dat hy tydens die ondersoek deur Byleveld aangerand is, is lagwekkend, sê ­Byleveld.

“Hoekom het hy dit nie op die eerste dag van die hofsitting laat boekstaaf nie? Ek sou tog nooit my loopbaan op die spel plaas deur verdagtes aan te rand nie.”

Byleveld sê hy het verskillende persoonlikhede van Moodley leer ken. By sy inhegtenisneming het Moodley hom volgens Byleveld “malgeskrik”. Tydens ondervraging het hy “soos ’n baba” gehuil en teenoor Byleveld gebieg dat hy nooit gedink het hy gaan gevang word nie, maar “senuagtig” geraak het toe hy hoor Byleveld vat die ondersoek oor.

“Hy was ’n pateet tydens die hofsaak. Maar toe ek hom ná sy vonnisoplegging in die gevangenis besoek, het hy my byna met ’n stoel gegooi en kru taal teenoor my gebruik. En nou het hy ewe skielik hierdie arrogante houding in die hof. En dan het hy nog boonop ’n lang poniestert!”

Byleveld sê hy wil nie korrektiewe dienste kritiseer nie, maar in sy lang loopbaan het hy nog nooit gesien dat ’n gevangene sy hare só lank mag dra nie.

Byleveld het ook simpatie uitgespreek teenoor Matthews se ouers wat verlede week tydens Moodley se hof­aansoek moes aanhoor hoe Moodley in detail beweer hoe hul dogter “soos ’n baksteen geval het” toe sy doodgeskiet is.

“Dié soort inligting sou uiteraard in ’n volledige verhoor uitgekom het, maar ná Moodley se skuldbekentenis het ek sulke detail van die ouers weerhou.

“Moodley is ongeloofwaardig en hy verander sy weergawes kort-kort. Hy moet nou sy lot aanvaar en sy vonnis uitdien.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

robi.schwab.3 sê... Richard, dankie vir jou openbarende kommentaar. Dit lê presies Suid Afrika se probleem bloot. Daar's te veel WITTES daar wat net soos jy so vér agteruit gegaan het sedert die land aan die ....... verkoop is dat die hele SA populasie wat nog 'n verskil kon maak presies net soos jy redeneer em net mooi sweet boggerôl eers wil probeer doen ten einde hulleself EN ook hulle LAND uit die gemors te verlos nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.