Hy wil onthou word as die een wat implimenteer, sê Motlanthe

2012-10-13 23:19

Adj.pres. Kgalema Motlanthe sal pres. Jacob Zuma net as ANC-leier in Mangaung uitdaag as ANC-takke en nié strydende faksies nie, hom benoem.

Motlanthe sê só in die boek, Kgalema Motlanthe, A Political Biography deur Ebrahim Harvey, wat Donderdagaand met groot fanfare by die Universiteit van die Witwatersrand bekendgestel is.

Honderde ondersteuners en nuuskieriges het die Groot Saal op dié kampus te midde van ’n elektriese atmosfeer volgepak.

Senior ANC-leiers en -strydrosse soos Trevor Manuel, Mathews Phosa, Tokyo Sexwale, adv. George Bizos en Ahmed Kathrada was saam met Motlanthe se familielede en vriende teenwoordig.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, was een van die sprekers, terwyl die adjunkleier van die ANC-jeugliga, Ronald Lamola, ook gesig gewys het. Die jeugliga steun Motlanthe amptelik vir die ANC-presidentskap.

’n Groep jeugliga-lede het vóór en tydens die verrigtinge kliphard liedere ter ondersteuning van Motlanthe, “Ons President”, en die uitgeskopte jeugleier, Julius Malema, gesing.

Die seremoniemeester het telkens gesukkel om ’n einde aan die dreunsang te bring.

Hulle het hul hande gerol, soos wanneer toeskouers wil hê ’n sokkerspeler moet vervang word en wat nou die handgebaar is vir diegene wat wil hê Motlanthe moet vir Zuma vervang. Dié gebaar het sporadies voortgeduur terwyl Mantashe en Motlanthe die gehoor toegespreek het.

Motlanthe het hieroor gesê: “Ek praat nie oor plekname nie omdat ek kan sien julle is vasgevang in die geografiese naam van Mangaung. Daar is belangriker dinge in Mangaung as net die ANC se verkiesingskongres.”

Motlanthe het gesê het hy hoop die boek moedig debat aan.

Hy wil hê daar moet eendag op sy grafsteen geskryf word: “Ander het voorstelle gemaak, maar hy het dit geïmplementeer”.

Met dié het die applous weer uitgebars en is die hande driftig in die lug gerol.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.