Hy's vry

2013-01-05 23:22

Jano Nortjé en sy vrou, Monya, in 2005 toe hulle in die tronk getroud is.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sestien jaar gelede was die Nortjé-broers Riku en Jano berug as die tasmoordenaars, met een van die grusaamste moordverhore van die dekade agter die rug en lewenslange tronkstraf voor hulle.

Maar môre stap Riku (nou 39) vry uit die Leeuwkop-tronk in Johannesburg met drie grade in rekenaarwetenskap agter sy naam en besig om vir ’n doktorsgraad te studeer.

Vir Jano (41) is die nuus van sy broer se vrylating bittersoet.

Hy is trots op sy jonger broer, sê hy uit die tronk.

Maar al het hy ook in die tronk verder studeer en is sy parool “ten sterkste aanbeveel”, bly hy vir eers agter tralies omdat hy in 1997 probeer ontsnap het.

Sy lewe het ook verrassend verloop. Hy is in 2005 met ’n fisioterapeut getroud en sy dogter (nou sewe) is daardie jaar gebore.

Jano en Riku se verhaal het begin as ’n gru-tragedie: Die broers, seuns van ’n sendeling-egpaar, het die afgetrede skeeps­ingenieur Engel Leendert Bakker in Boksburg vermoor deur hom met ’n bofbalkolf oor die kop te slaan.

Daar het hulle sy lyk met ’n jagmes opgesny en in drie tasse versteek en ’n trein na Hoedspruit met die tasse by hulle gehaal. Toe bloed uit die een tas lek, het hulle dit by die trein uitgegooi. Hulle is gevang en later tronk toe gestuur.

In die hof is destyds getuig dat hulle ná ’n gedobbel ná die Wêreldbeker-eindstryd in 1995 in ’n oomblik van ergernis “die outoppie wou optjop en kook”.

Maar Jano se pleidooi uit die Pretoria-Sentraal-gevangenis is nou om vergifnis.

“Ek en Riku het aangejaag. Ons was jonk. Maar mense moenie vandag fokus op wát ons gedoen het nie, maar op hóé ons deur die laaste jare verander, verbeter het. Ons soek net ’n nuwe lewe,” sê hy.

Hy het sy broer laas gesien toe hulle in September 1996 gevonnis is.

Jano wil sy broer nou graag weer sien.

Hy hoop hulle kan mekaar vergewe en saam hul hartseer verwerk sodat hulle weer hul ouers en die gemeenskap in die oë kan kyk.

Hul ouers, Johan en Amanda Nortjé, is sendelinge wat die laaste jare op Bolandse en Suid-Kaapse dorpe of by hul dogter in KwaZulu-Natal woon.

Johan wou nie sê of hy môre by sy seun se vrylating gaan wees nie. Hy is verbitterd, want die “negatiewe mediaberigte” oor sy seuns het hom groot skade berokken. Hy kon sedert die hofsaak nie ’n geskikte werk kry nie.

Jano sê: “My ouers het ons een of twee keer per jaar kom besoek. Vir hulle was dit geldelik en emosioneel baie swaar.”

James Smalberger, adjunkhoofkommissaris van korrektiewe dienste, het aan Rapport gesê albei Nortjés se aansoeke is op meriete beoordeel.

Riku het uitsonderlik by sy omstandighede aangepas.

Jano sê hy wil ook uit. “Ek wil teruggaan na my geliefde en my dogtertjie.

“Dan bly daar sowat 20 jaar oor om ’n pensioen op te bou.

“Ek het ’n brandende soeke na afsluiting. Ek kon nooit, nooit die familie van Bakker ontmoet om vergifnis te vra nie en ek het steeds ’n behoefte om vir iemand jammer te sê.”

* Steve Hofmeyr en Gideon Emery het in 2004 die rolle van Jano en Riku vertolk in ’n fliek oor die tasmoord, A Case of Murder.

“Dié storie is baie verdraai en baie geld is gemaak,” sê ­Jano. “Ons is nooit genader om die ware feite te gee nie. Ek sou beslis nie ingestem het nie.”

Sy vrou het die fliek op ’n DVD vir hom in die tronk gewys.

“Ek het destyds gelees dat Steve Hofmeyr eendag saam met my en Riku ’n bier wil drink. Maar ek het nie ’n behoefte daarvoor nie.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
79 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 14-28°C Showery. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 10-21°C Passing showers. More sun than clouds. Mild. Bfn: 6-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-25°C Passing showers. More sun than clouds. Mild. PE: 13-15°C Heavy rain. Mostly cloudy. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Accountant

Pretoria
Outex (Outsourcing Experts)
R7 000 - R15 000 Per Month

Konsultante

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R26 000 Per Month

Konsultante

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R26 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!