‘Informante klik graag op regses’

2012-12-22 23:58

Foto’s wat ’n spioen geneem het van wapens wat glo deur verregse samesweerders bekom is om glo ANC-leiers mee te vermoor. Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die terreurplanne van regse ekstremiste kom selde tot uitvoering omdat waardevolle inligting oor dié groepe se bedrywighede so gereeld aan intelligensiediens­te uitgelap word.

“Daar is geweldig baie informante en infiltreerders wat bereid is om inligting oor verregses se bedrywighede teen ’n prys aan intelligensiedienste te verskaf,” sê dr. Piet Croucamp, politieke ontleder en dosent aan die Universiteit van Johannesburg.

Rapport het kenners genader oor die gevaar – of gebrek daaraan – wat verregse terreurgroepe vir gewone Suid-Afrikaners én politieke teikens inhou.

Volgens Croucamp saai dié infiltreerders wantroue en onenigheid in verregse organisasies.

Dit dwing hulle om kort-kort te herorganiseer en nuwe splintergroepe te stig.

“Regse groepe het ’n lae militêre kapasiteit en word boonop gekenmerk deur ’n gebrek aan konsensus en strategie.”

Volgens dr. Hamadziripi Tamukamoyo van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) vind min Suid-Afrikaners aanklank by verregse organisasies omdat sulke organisasies se uitgangspunte ekstreem, esoteries en dikwels onsamehangend is.

“Die intelligensie-owerhede moet hulle nogtans fyn dophou, want mens wil nie ’n situasie hê waar enkele individue met vuurwapens rondhardloop en chaos saai nie. Dit is veral kommerwekkend dat die vier verdagtes glo mortiere bekom het.”

Hy het verwys na vier regses wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo saamgesweer het om die ANC-leierskorps in Bloemfontein om die lewe te bring.

Groepe soos dié is meestal swak georganiseer en amateur­agtig, meen Tamukamoyo.

“Daar is geen sprake van ’n verenigde verregse beweging in Suid-Afrika nie, maar eerder verskeie klein en versplinterde groepe wat allermins breë steun geniet,” sê Tamukamoyo.

Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, glo die aanname dat die landbougemeenskap ’n vrugbare teelaarde vir regse ekstremiste bied, is foutief.

“Ons verwerp die suggestie dat verregse aktiwiteite noodwendig ’n element in die landboubedryf is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.