Inhegtenisname kom ná forensiese toets-uitslae

2012-08-22 11:13

Die uitslag van forensiese toetse het daartoe gelei dat die polisie gister ’n 16-jarige leerling oor die skokmoorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad in hegtenis geneem is.

Volksblad verneem kruit is op die klere van die seun gevind en ook sy vingerafdrukke op die twee wapens wat vermoedelik in die skietery gebruik is.

Die polisie het op die uitslag van die forensiese toetse gewag voordat ’n inhegtenisneming kon plaasvind.

Die feit dat dit nou gebeur het, dui daarop dat dié toetse hom waarskynlik met die skietdood van Deon en Christel Steenkamp en hul dogter, Marthella, op 6 April op hul plaas Naauwhoek, sowat 9km buite die dorp, verbind.

Bloed kan op klere agterbly, al is dit gewas. Kruit uit ’n vuurwapen kan van ’n mens se vel gewas word, maar stukkies daarvan brand op materiaal vas, indien dit daarop beland, is aan Volksblad gesê.

’n Ingeligte het gister gesê die Kinderwet bepaal dat indien so ’n jeugdige in hegtenis geneem word, moet hy deur ’n maatskaplike werker getoets word om te bepaal of hy toerekeningsvatbaar is.

Die maatskaplike werker moet dan ’n aanbeveling doen of hy in ’n plek van veiligheid of ’n gevangenis aangehou, of onder die sorg van ’n voog vrygelaat word, voordat hy in die hof verskyn.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vandeesmaand gesê die besluit oor vervolging in dié moorde sal geneem word op grond van die getuienis wat die polisie ingesamel het. “Die bewyse moet waterdig wees om suksesvolle vervolging te verseker.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.