Inval van die goggas

2010-05-16 00:11

Celinda Groenewald in Johannesburg

celinda.groenewald@rapport.co.za

Jy slaap moontlik saam met die vyand.

Nee, nie jou lewensmaat nie, maar ’n klein gedrog met ’n groot byt wat hom dik suip aan mensebloed.

En hulle teel tans teen ’n gewel­dige tempo aan in Suid-Afrikaanse huise en hotelkamers…

Weeluise, of bedgoggas, soos hulle ook algemeen bekend staan, is skaars 5 mm lank, maar is ’n verskrikking tussen die lakens. En waar daar een is, is daar baie?…

Volgens me. Nathalie LeBlond, bemarkingsbestuurder van die Rentokil-plaagbeheerfirma, ervaar hulle sedert Maart verlede jaar ’n toename van meer as 300% in die voorkoms van weeluise.

“As ons die inkomste wat ons in Februarie 2010 deur die bestryding van bedgoggas verdien het met dié van Februarie 2009 vergelyk, is die toename groter as 500%,” sê LeBlond.

Rentokil ervaar veral in Kwa­Zulu-Natal en in kleiner plekke soos George en Bloemfontein ’n toename in die vraag na hul dienste.

In die verlede is bedgoggas met DDT beheer, maar weens die verbod op die gebruik van dié gifstof en strenger regulasies ten opsigte van die gebruik van alle chemiese middels het die goggas ’n bevolkingsontploffing ondergaan.

Danksy laekoste-lugvervoer reis meer mense oor lang afstande en die insekte reis te lekker saam.

Bedgoggas soek snags jou bloed. Bedags kruip hulle weg in matrasse, agter muurpapier en ligskakelaars, in krake in pleister en planke, in matte, skoene en enige ander plek waar hulle kan inwriemel.

Snags word hulle deur die hitte en koolstofdioksied (asem)-uitskeiding van warmbloediges gelok.

Dan maak hulle hul tuis op die naaste stukkie mensvel vir ’n buffet-ete.

Die bytplek kan opswel, rooi en jeukerig word of ’n allergiese reaksie by sommige mense veroorsaak, maar volgens die Amerikaanse sssosiasie vir omgewingsgesondheidsdienste is daar geen bewyse daarvoor dat bedgoggas siektes versprei nie.

In die “maer tye” kan ’n weeluis tot 20 maande lank oorleef sonder ’n maaltyd. Die algemeenste wanopvatting is dat slegs “vuil” plekke ’n teelaarde vir weeluise is.

“Enige area wat baie besoekers onthaal kan bedgoggas kry. Hulle tref geen onderskeid tussen ’n vyfsterhotel en ’n gewone huis nie,” waarsku LeBlond.

Die goggas kan van die een plek na die ander duimry in bagasie of selfs op mense.

Weeluise regoor die land lek waarskynlik hul mikroskopies klein lippe af vir volgende maand se verwagte instroming van derduisende sokkertoeriste?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.