Is Satan die duiwel of ’n teenstander?

2012-07-28 23:56

Party mense grawe die duiwel agter elke bos uit, maar die een plek waar jy hom nie gaan vind nie, is in die Ou Testament, meen ’n teoloog van Pretoria.

Hoewel die woord “Satan” soms in die Bybel se Ou Testament voorkom, is dit bloot die Hebreeuse woord vir “teenstander” en verwys dit nie na ’n “spesifieke wese met ’n persoonlike identiteit wat Satan heet” nie, skryf dr. Gerda de Villiers.

De Villiers het die afgelope week ’n artikel met die opskrif “Satan in die Ou Testament?” gepubliseer in teo.co.za, ’n digitale publikasie waarin teologiese artikels verskyn.

In die artikel skryf De Villiers: “Volgens die Hebreeuse woordeboek kan ‘satan’ ’n werkwoord of ’n selfstandige naamwoord wees. As werkwoord is die betekenis ‘om ’n wrok te koester’ of ‘vyandig te wees’ (vgl. Ps 38:12). ‘Satan’ as selfstandige naamwoord beteken ‘teenstander’ of ‘aanklaer’ en kan ’n aardse mens of ’n hemelse wese aandui.”

Sy ontleed dan ’n paar tekste waarin die woord “satan” in die Hebreeuse Bybel voorkom.

Die bekendste een is Job, waarin verwys word na “die satan” wat aan God voorstel dat Job sy rykdom ontneem moet word. Daar moet die woord eintlik as “die aanklaer” vertaal word, eerder as “Satan”, meen sy, want dit dui op ’n lid van die hemelse raadsaal eerder as op die figuur wat mense vandag as die duiwel ken.

Ook in die verhaal van Bileam en sy donkie kom die woord “satan” voor. In dié teks word na die engel van die Here, wat voor Bileam se donkie in die pad kom staan, verwys as ’n “satan” omdat hy ’n hindernis in Bileam se pad is.

Ook uit dié teks blyk dit duidelik dat die term “satan” na ’n teenstander eerder as die duiwel verwys.

Sy bespreek ook verdere voorbeelde van die woord in die Ou Testament en sluit af: “Die konsep van satan as ‘bose’, as die Here se aartsvyand in die Ou Testament, moet afgewys word ... Satan as persoon, as vyand van die Here was nie deel van Ou Israel se geloof nie.”

’n Skakel na die artikel het tot ’n hewige debat op die Facebook-blad van Kerkbode, die NG Kerk se lyfblad, gelei.

Die bestaan van die duiwel is sedert verlede jaar opnuut ’n debatspunt in die NG Kerk nadat die algemene sinode amptelik besluit het daar is in die kerk ruimte vir sowel diegene wat in die duiwel se bestaan glo as diegene wat dit glo Satan bestaan nie regtig nie.

Ná die sinode het ’n lidmaat, Wynand Louw van Melkbosstrand, ’n klag van dwaalleer teen dr. Ben du Toit, direkteur: kommunikasie van die NG Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaap, by die ring van Kuilsrivier aanhangig gemaak omdat Du Toit in die openbaar erken het hy glo nie in die bestaan van ’n persoonlike duiwel nie. Die ring het Du Toit onskuldig bevind, maar Louw het teen dié besluit geappelleer.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.