Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Is bruin nie swart genoeg?

2010-01-30 23:34

Mnr. Conrad Sidego

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die nuwe storm in Suid-Afrikaanse krieket het weer die kollig laat val op die gebrek aan sportontwikkeling in etnies swart gebiede. Én ’n newe-vraag opgeroep: Hoe swart is bruin nou eintlik?

Dié verwikkeling volg op die skokbedanking van die Proteas se hoofafrigter, Mickey Arthur.

Arthur se kop het gerol omdat die Proteas in die afgelope reeks teen Engeland in drie van die vier toetse sonder ’n “swart speler van Afrika-afkoms” gespeel het, is aanvanklik berig.

Beteken dit, was die vraag, dat bruin spelers soos JP Duminy en Ashwell Prince nie aan die kleurvereiste van Krieket Suid-Afrika (KSA) voldoen nie?

Sommige bruin kommentators meen dié kwessie moet bespreek word, want hiermee word opnuut “subgroepe van agtergeblewendheid” en “?’n nuwe klas slagoffer” geskep.

Dr. Danny Titus, die ATKV se uitvoerende hoof: kultuur, meen mense móét hul stemme hieroor dik maak, “veral omdat die krieketbase nou laat blyk dat bruin mense nie in hul denke oor African-wees toegelaat word nie. Dit raak ons en dit gaan ons kinders raak.”

Mnr. Conrad Sidego, oudkoerantman, sê die politieke skakeringe van swart, “soos gedefinieer deur die krieketbase, laat dit klink of die bruin mens nou afskuif op die politieke kleurkaart.

“Mense is glad nie gelukkig met hierdie onderskeid nie, maar weens politieke korrektheid en allerlei ander oorwegings maak ons maar net klipvuis in die broeksak. Ons word kwaad, maar praat nie maklik uit hieroor nie.

“Ons soek almal ’n samelewing waar dit werklik nie meer nodig is dat ons hare kloof oor sake wat ons reeds verdeelde nasie nog verder sal vervreem nie. Ons moet die ding op sy naam noem en sê dat swart en wit op gelyke vlak moet kan meeding. Dat die agtergeblewenes spe­siale aandag moet kry om ontwikkel te word.”

Maar, sê hy, om subgroepe van agtergeblewendheid te skep klink egter nie reg nie. “Ons is nou besig om ’n nuwe klas slagoffer te skep. My mening is dat die krieketbase in hierdie geval ’n baie lompe politieke bal geboul het. Die idee moet vir ’n ses gemoker word.”

Terselfdertyd, sê mnr. Robert Pearce, hoofbibliotekaris by die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit, het die tyd aangebreek dat mense baie duidelik moet wees oor wat Suid-Afrikaners onder “swart”, “African” en “black African” moet verstaan. Pearce, ook ’n skrywer en kommentator oor kwessies soos taal en identiteit, sê: “?’n Mens moet onthou dat baie bruin mense hulself as swart beskou, ‘black African’. Veral die sportbase sal eerliker moet wees met hul definisies van ras, sodat veral bruin spelers weet ‘black African’ sluit hulle nie in nie. En wie, volgens hul definisie, is ‘African’? Selfs die ‘setlaars’ se kinders is African. Nee, hulle sal ons maar moet definieer of herdefinieer sodat ons weet wie hulle meen ons is.”

Hy verwys na dr. Allan Boesak, wat eens gesê het die ou Nasionale Party het hom ’n “Kleurling” gemaak, in die struggle was hy swart en nou maak die ANC hom weer ’n Kleurling.

“Dis pynlik, maar dit lyk of ons nêrens met nie-rassigheid kom nie. Nou is die fokus weer op ras en kleur onder die dekmantel van transformasie. Transformasie verg meer as die ‘regte’ kleur- of rassesamestelling van ’n span.”

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Johannes Comestor 1/31/2010 5:32:53 AM
Ali Bacher verklaar ewe skynheilig dat spelers verteenwoordigend volgens meriete gekies moet word. Soos by sokker? Lawaai word net opgeskop wanneer daar 'n beduidende getal wit spelers in 'n span is of as daar nie swart swartes is nie. Bacher is self vir die chaos verantwoordelik. Hy het besluit sy opvolger moet swart wees en toe sy kroonprins sterf, word die se broer aangestel. Waarom word Majola nie in die bek geruk en Arthur vir sy integriteit geprys nie? Duminy en Prince hoort kwalik in die span. Wat opval, is dat die bruines wat in die berig genoem word, nie rassediskriminasie, spesifiek teen blankes, ondubbelsinnig veroordeel nie. Bruines wil deesdae swart wees ten einde bevoordeel te word. Pleks daarvan behoort hulle rassediskriminasie as sodanig te veroordeel.
barney 1/31/2010 6:05:56 AM
Die kwessie rondom bruin as swart is 'n illusie en op alle terreine word die bruines en wittes uitgeskuif. Trevor Manuel word verduur omdat hy in die stelsel is maar word gemarginaliseer en later word hy uitgefaseer. Bruines slegs aangestel in oorwegende Noord Kaap en in Weskaap om die bruin stem te lok. Bruines moet hulle beroep om minderheidsgroep. Hoe gouer bruines besef dat ons n politieke speel bal geword hoe beter. Swart wanneer dit pas en bruin en uitgeworpene wanneer jy nie na die deuntjie dans nie. BEE: wie van bruines vind baat? Bevorderings in staat instellings wit en bruin(praat nie troos pryse nie). Stop om van agter die skerms te baklei. Wit en bruin, lets face the lion.
Lieb 1/31/2010 7:43:05 AM
Obama is dan nou swart hoekom bly gekleurdes in RSA dan bruin.
HART 1/31/2010 11:00:46 AM
Hoekom is wit nie swart genoeg nie ?  Hoekom is bruin nie swart genoeg nie?  Seker om dat Suid Afrika ras behep is...
Bennie Prins 2/2/2010 4:24:00 PM
Ek wil graag emigreer,nie vir die misdaad nie...net vir die feit dat die rasbehepte land my siek maak!!!!!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R450,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Manager Finance

Gauteng - JHB South
Network Recruitment CA- Centurion

Management Accountant

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 210,000.00

MERCEDES-BENZ

E 320 CDI
2005
R 209,995.00

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2009
R 145,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...