Jý hoes toe vir Nkandla!

2012-09-29 23:25

Verbeterings aan pres. Jacob Zuma se paleisagtige woning by Nkandla gaan die belastingbetaler meer as R200 miljoen kos.| Foto: Khaya Ngwenya

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Peperduur verbeterings aan pres. Jacob Zuma se Zoeloeland-tuiste gaan die belastingbetaler ’n allemintige R203 miljoen kos, al het die regering vroeër gesê die president sou die projek uit sy eie sak finansier.

Nou blyk dit Zuma gaan minder as 5% van die kostes opdok vir die omvattende opknappings, wat ’n helikopter-landingsplek, ondergrondse behuising en omheining van die hele kompleks insluit.

Die bouwerk is tussen die begin van 2010 en November 2011 voltooi.

Die departement van openbare werke (DOW) het verlede Maart al die uiteindelike begroting vir die departement se bydrae tot die opknapwerk aan Zuma se familietuiste in Nxamalala goedgekeur. Dit was in ooreenstemming met kabinetregulasies vir die beveiliging van die staatshoof.

City Press, Rapportse susterkoerant, het dokumente gesien wat toon die DOW het teen Junie vanjaar betalings van minstens R44 miljoen gedoen vir die installering van “sekerheidsmaatreëls” by Nkandla.

Dit is onduidelik of daar reeds vir die hele projek betaal is.

Hoewel nóg die presidensie nóg die departement kommentaar wou lewer oor die projek – getiteld “Prestige Project A” – kan onthul word dat die DOW ’n bedrag van R203079 677,18 vir die opknappingswerk goedgekeur het. Zuma self dra slegs R10,6 miljoen by – kwalik 5%.

Zuma het die Nkandla-kompleks in 2000 laat bou. Gedurende die korrupsieverhoor van sy vriend Schabir Shaik het die hof gehoor geld afkoms­tig van Thales, die Franse wapenhandelaar, is gebruik vir die bou van die kompleks, wat talle grasdakhuise en personeelkwartiere insluit.

In 2009 het Mail & Guardian berig R65?miljoen sou gebruik word om die kompleks te vergroot. Dit blyk nou die koste is veel hoër.


Dié vergroting sou drie stelle ondergrondse woonkwartiere met tien lugversorgde kamers insluit, ’n kliniek vir Zuma en sy gesin, tien bogrondse huise vir veiligheidspersoneel, ’n landingsplek vir helikopters, huise vir lugmag- en polisie-eenhede, ondergrondse parkeerplek, speelterreine en ’n besoekersentrum.

Daar is ook drie niervormige huise, een met vier slaapkamers en die ander met drie elk, gebou in dieselfde styl as Zuma se oorspronklike grasdakhuis, om sy vroue te huisves.

Verlede November het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, bevestig die DOW sou vir die veiligheidsverwante geriewe betaal, maar dat Zuma vir die ander aanbouings uit sy eie sak sou betaal. Die departement het vroeër enige betrokkenheid by die projek ontken.

In ’n memorandum wat verlede jaar op 28 Maart aan Gwen Ma­hlangu-Nkabinde, afgedankte minister van openbare werke, gestuur is, sê Kenneth Khanyile, departementele streekbestuurder in Durban, hy het ’n “beplanningsinstruksie” ontvang om “veiligheidsmaatreëls in pas met kabinetregulasies by die Zuma-woning aan te bring”.

Khanyile het gesê die werk het in 2010 begin.

Die staatskoste van R203 miljoen is op ’n vergadering op 10 Maart 2011 by die hoofkantoor van die departement goedgekeur en volgens Khanyile het die eienaarsaandeel op R10 651  80,64 te staan gekom. Khanyile wou nie kommentaar lewer nie.

Zanele Mngadi, presidensiële woordvoerder, het navrae na die departement van openbare werke verwys. Mandisa Fatyela-Lindie, waarnemende direkteur-generaal van die departement, het geweier om kommentaar te lewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
70 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.