JR nog ’n ruk lank in Dallas

2012-11-26 04:46

Larry Hagman en Linda Gray in die nuwe reeks wat vanjaar gewys is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Larry Hagman, oftewel die bose JR Ewing, het ses episodes van die jongste seisoen van Dallas agter die rug gehad toe hy Vrydag in die ouderdom van 81 in ’n hospitaal in Dallas, Texas, dood is.

Hoewel TNT, die netwerk wat die reeks uitsaai, en Warner Bros., die vervaardigers, hul medelye uitgespreek het, het hulle nie dadelik gesê hoe sy dood in die reeks gehanteer sal word nie.

Die seisoen sal na verwagting 15 episodes hê.

TV-kykers wêreldwyd sal JR altyd onthou vir sy breë cowboy-hoed en stewels, boos aan’t grinnik.

Van 1978 tot 1991 het hy in 356 episodes slinkse planne beraam om sy mededingers in die sakewêreld te uitoorlê en sy vrou te verneuk.

Kykers in 57 lande was gek daarna om hom te haat in die sepie oor ’n ryk Texas-familie wat hul fortuin uit olie en beeste gemaak het.

In sy outobiografie, Hello Darlin’: Tall (and Absolutely True) Tales About My Life, skryf Hagman JR sou nie oorspronklik die fokus van Dallas gewees het nie. Dit het verander toe hy op stel begin improviseer het om sy karakter meer verregaande en boeiend te maak.

Aan Time het Hagman oor sy karakter gesê: “Ek kan regtig nie eens die helfte van die mense onthou met wie ek geslaap het nie, wie ek in die rug gesteek het nie, of wie ek tot selfmoord gedryf het nie.”

As afsluiting van die derde seisoen van die oorspronklike weergawe van die reeks het die vervaardigers een van Amerikaanse televisie se onvergeetlikste episodes geskep: JR is deur ’n onbekende aanvaller geskiet.

Aanhangers het maande lank gewonder of JR sou oorleef en die vraag op hul lippe was: “Wie het JR geskiet?”

Aan die begin van die volgende seisoen is die geheim verklap: Dit was JR se skoonsuster, Kristin, met wie hy ’n verhouding gehad het.

Hagman het gesê ’n internasionale uitgewer het hom destyds $250 000 aangebied om te onthul wie JR geskiet het.

Hy het dit oorweeg om verkeerde inligting te gee en die geld te vat, maar het uiteindelik besluit “om nie in die ware ­lewe soos JR te wees nie”.

Dallas se gewildheid het Hagman een van die bes betaalde TV-akteurs gemaak.

Hy het van sy geld deur swak oliebeleggings verloor, maar toe op eiendom begin fokus.

’n Nuwe Dallas-reeks het in Junie op die TNT-netwerk begin, met Hagman wat sy rol hervat het saam met Linda Gray in die rol van sy arme eks-vrou, Sue Ellen, en Patrick Duffy as sy broer, Bobby.

Die nuwe reeks fokus op JR en Bobby se seuns.

Ondanks fisieke broosheid het Hagman moedig na Dallas teruggekeer om in die nuwe Dallas te speel.

Dis hier waar hy Vrydag weens komplikasies van keelkanker dood is.

Lewerverharding is in 1992 by hom gediagnoseer en in 1996 is lewerkanker by hom gevind.

Laasgenoemde het daartoe gelei dat hy opgehou rook het en ’n maand later het hy ’n leweroorplanting gehad.

Sy familie het in ’n verklaring gesê hy was die afgelope tyd terug “in sy geliefde Dallas, besig met die ikoniese rol waarvoor hy die liefste was”.

Tydens sy dood was hy omring deur sy geliefdes. “Hy het vreedsaam gesterf, soos wat hy dit wou gehad het.”

***

* Sowat 350 miljoen kykers het die Dallas-episode gekyk waarin onthul is wie JR geskiet het.

* Hagman het in ’n stadium gedreig om die sepie te verlaat as hy nie meer geld kry nie. Ná maande lange onderhandelings het hy gekry wat hy gevra het: altesame $100 000 per episode.

* Hy het op ’n tyd sowat vier bottels sjampanje per dag gedrink, selfs op die stel van Dallas.

* In 1967 het die rockmusikant David Crosby hom bekend gestel aan LSD, wat volgens Hagman sy vrees vir die dood weggeneem het en Jack Nicholson het hom bekend gestel aan dagga omdat hy gedink het Hagman drink te veel.

* By sy huis in Malibu het ’n vlag gewapper met die woorde Vita Celebratio Est (die lewe is ’n viering).

* Hy het ná sy leweroorplanting ’n kampvegter vir orgaanoorplantings en nie-rook-veldtogte geword. In ’n onderhoud met Time het hy gesê sy oorskot moet oor ’n stuk grond gestrooi word waar dagga en koring dan geplant moet word. Dit moet oor ’n stuk grond gestrooi word waar dagga en koring dan geplant moet word. Dit moet later geoes word vir ’n daggakoek vir 200 tot 300 mense.

***

Op Twitter:


Victoria Principal
Ons gedagtes is vandag met Larry Hagman!

Beste wense aan sy vriende en familie en medesterre van @Dallas TNT.

Julie Benz
Ek het Larry Hagman ’n paar jaar gelede in Monte Carlo ontmoet – hy het gesê die geheim vir ’n lang, gelukkige huwelik is afsonderlike kaste en twee badkamers.

Larry King
Ek is geskok. Larry Hagman was ’n liewe man wat ’n ongelooflike loopbaan gehad het. Hy het my gehelp om op te hou rook.

Piers Morgan
Baie hartseer om te hoor Larry Hagman is dood. Sy JR Ewing-karakter was die wonderlikste TV-skurk van almal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Vicki Maree sê... Se ek ook patricia! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.