Jack se bek is te vuil vir Juanita

2010-09-18 21:45

Die rapper Jack Parow.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die sangeres Juanita du Plessis sou nie gemaklik gevoel het daarmee om die verhoog by Huisgenoot se Skouspel te deel met die vuilbek-kletsrymer Jack Parow nie.

Dít blyk uit “’n informele gesprek” wat Doepie du Plessis, Juanita se man en bestuurder, glo met die organiseerders gevoer het.

En Jack het in sy gewone matroostaal gesê hoe hý daaroor voel…

Juanita en Jack is genooi om by Skouspel op te tree. Maar Jack is later deur die Skouspel-organiseerders aan die program onttrek.

Willem Breytenbach van Skouspel sê: “Dit het aan die lig gekom Parow is reeds bespreek by Aardklop (in Potchefstroom), wat met Skouspel se vertonings (in Sun City) sou bots.”

Hy ontken gerugte dat Jack uitgeskop is omdat Juanita nie saam met hom wou optree nie.

Ook Doepie ontken dat Juanita gedreig het om haar aan Skouspel te onttrek. Maar hy sê hulle het tydens “’n informele gesprek met Huisgenoot” hul kommer oor Jack uitgespreek.

“Dit gaan nie werk as ons die Onse Vader sing en dan tree Parow op nie… Dit sou ongemaklik wees as Parow in dieselfde produksie is,” sê Doepie.

“As Christene is dit vir ons ongemaklik en onvanpas om ’n verhoog te deel met iemand wat godslasterlike uitlatings maak.”

Breytenbach sê hý het nie met Juanita se bestuurspan gepraat nie.

En Jack?

“Ek laat my nie vertel dat Juanita nog nooit in haar lewe die woord ‘f*k’ gebruik het nie. Dis f****n onregverdig om my te judge… Dis k*k styl.”

Jack sê hy wou graag by Skouspel optree. “Ek sou die vloekwoorde vervang het. Soos, pleks van ‘f*k’ sou ek ‘demmit’ sê.”

Hy sê hy sou maklik by Aardklop én Skouspel kon optree. Ironies is dat Juanita en Jack wel albei by Aardklop gaan optree.

Breytenbach sê Juanita sal in Huisgenoot se tent by Aardklop optree voordat die Skouspel-repetisies begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
316 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

robi.schwab.3 sê... Richard, dankie vir jou openbarende kommentaar. Dit lê presies Suid Afrika se probleem bloot. Daar's te veel WITTES daar wat net soos jy so vér agteruit gegaan het sedert die land aan die ....... verkoop is dat die hele SA populasie wat nog 'n verskil kon maak presies net soos jy redeneer em net mooi sweet boggerôl eers wil probeer doen ten einde hulleself EN ook hulle LAND uit die gemors te verlos nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.