Jan Taks maak dit nag vir Malema

2012-09-22 23:13

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ’n vonnis van R16 miljoen teen Julius Malema, uitgeskopte ANC-jeugligaleier, verkry.

Media24 se ondersoekspan het verneem die belastinggaarder sal op Malema se eiendomme en bates in Gauteng en Limpopo beslag lê as hy nie dié belastingvonnis betaal nie.

Malema het nie die SAID se aansoek om die vonnis in die hooggeregshof in Pretoria op ­11 September teengestaan nie.

Die SAID teiken vier eiendomme: ’n halfklaar herehuis in Sandton, ’n plaas en hoewe in Limpopo en ’n huis in Polokwane.

Malema het versoeke om kommentaar geïgnoreer.

Nicqui Galaktiou, sy prokureur, sê Malema behoort “soos alle ander inwoners van die land wie se belastingsake vertroulik is” behandel te word.

Adrian Lackey, SAID-woordvoerder, het bevestig die SAID het verlede Dinsdag ’n vonnis van R16 miljoen teen Malema verkry. Hy sê die bedrag sluit onbetaalde belasting, boetes en rente in. Lackey sê hy kan die vonnis bevestig net omdat dit in ’n ope hof verkry is.

Hy wou geen verdere besonderhede oor Malema se belastingsake gee nie.

Adv. Alan Lewis, ’n belastingwetkonsultant, sê die uitspraak dui op twee dinge: Malema “het ’n helse klomp geld” en hy is in groot moeilikheid.

Lewis, wat voorheen vir die SAID gewerk het, sê die inkomstediens sal waarskynlik die uitspraak oorhandig aan die balju van die hof wat op Malema se eiendomme en bates beslag sal lê.

Die SAID het verlede jaar begin met ’n ondersoek na Malema se belastingsake nadat dit bekend geword het die maatskappye waaraan hy verbind is, het winsgewende kontrakte van Limpopo se provinsiale regering gekry.

Miljoene rande is deur Malema se Ratanang-familietrust gekanaliseer.

Die trust besit ook aandele in die omstrede On-Point Engineering, die maatskappy wat verbind word met beweerde twyfelagtige kontrakte van die Limpopo-regering.

Media24 se ondersoekspan verneem die SAID het Malema se verbintenis met 19 maatskappye ondersoek en ’n paar van sy sakevennote is gedagvaar.

Malema het in April vanjaar ’n belastingaanslag van sowat R12 miljoen ontvang, maar dit geïgnoreer. Hy het ook geen moeite gedoen om die SAID te kontak of ’n ooreenkoms met die belastinggaarder te probeer bereik nie.

Malema het nie aangedui of hy met die aanslag verskil nie en ook nie of hy dit oorweeg om in die belastinghof daarteen te appelleer nie. Die SAID verkry ’n vonnis teen iemand indien alle weë om ’n belastingoortreder te oorreed om die onbetaalde belasting te betaal, misluk het.

“Belastingprobleme gaan nie weg nie,” sê Lewis. “Jan Taks wil sy geld hê en ek is jammer, maar daar is weinig wat mnr. Malema nou kan doen. Hy gaan R16 miljoen armer wees.”

Die SAID kan in uiterse omstandighede boetes van tot 200% hef.

Malema het nog altyd ontken dat enige geld deur sy familietrust gekanaliseer is en dat hy belasting ontduik het.

Hy het sy eerste huis in Flora Park, ’n nederige woonbuurt in Polokwane, in 2007 vir R1 miljoen gekoop. Die verband is sedertdien afbetaal. Hy het in ­Augustus verlede jaar R3,5 miljoen betaal vir ’n plaas naby ­Polokwane. ’n Deposito van R800?000 is in kontant betaal.

Hy besit ook ’n hoewe naby Palmietfontein in Limpopo waarvoor hy R900 000 kontant opgedok het.

Luidens berigte het Malema verlede jaar begin om ’n spoghuis van R16 miljoen in San­dton te bou. Hy het die erf in 2009 vir R3,6?miljoen gekoop en die ou huis gesloop om die nuwe een te kan bou.

Hy het ook sy ouma se huis in Seshego in ’n dubbelverdiepingwoning laat omskep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Huldah Eloff Van Wyk sê... Die aaklike borde is reusagtig groot.Die borde self is 5 meters breed, en omtrent 4 en n halwe meters hoog! Die 6 ankerpale is 3 meters na agter en na voor. Dit staan voor mooi ou bouvallige huisies en n historiese kerk in Pienaarsig. Die laning Peerbome by die ingang is nou ontsier. All hierdie plekke word gereeld gefotografeer. Toeriste het ook al klagtes ingedien hieroor.Hierdie borde moet asseblief verwyder word. (Voorsitster van die Uilhuisstigting) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.