Jannie Mouton sê hoekom hy loop by US

2009-10-17 22:49

Mnr. Jannie Mouton

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy kon nie langer in ’n raad aanbly waar Afrikaanssprekendes met agterdog bejeën word en die kampus van die Universiteit van Stellenbosch (US) al hoe meer Engels word nie.

Hy is ook gekant teen transformasie soos dit tans hier toegepas word – so ook die idee dat transformasie nie in ’n Afrikaanse omgewing kan geskied nie.

Dít is die hoofredes waarom hy vier maande gelede uit die raad van die Universiteit van Stellenbosch (US) bedank het, sê die sakereus mnr. Jannie Mouton.

Mouton, voorsitter van die groep PSG Konsult en Capitec Bank, is in April verlede jaar tot die raad verkies. Sy ampstermyn sou eers volgende jaar verstryk het.

Dit kom in ’n week dat die rektor, prof. Russel Botman, ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys gedoen het oor die US se akademiese werksaamhede, voertaal, studentegetalle en die toegang van swart studente tot die akademie. Die komitee het hom voor stok gekry oor die US “se middelmatige transformasiedoelwitte”.

Hieroor sê Mouton: “Ek is gekant teen transformasie soos dit nou hier toegepas word. Die skerp styging in Engelssprekende studente – by benadering 25% tussen 2005 en 2008 – het geensins die rasseprofiel verander nie. Die universiteit word al hoe witter en al hoe meer Engels.”

Hy sê as raadslid “sou ek graag ’n positiewe rol daar vervul, ’n bydrae lewer tot die uitbou van akademiese uitmuntendheid tot voordeel van al sy studente, maar dit was onmoontlik. Besluite wat ons in die raad geneem het, word nie uitgevoer nie.”

Oor die bedanking onlangs van ’n mede-raadslid, die skrywer dr. Marié Heese, sê Mouton: “Sy is ’n waardige, eerlike, intelligente dame wat my beïndruk het met haar bydrae. Ek was geskok oor die manier waarop sy behandel is toe sy haar saak wou stel. Daarom het ek uit die raadsvergadering geloop. Ek kon my nie vereenselwig met wat daar gebeur het nie.”

Mouton sê: “Ek staan vir Afrikaans by die US. Daar is ’n plek vir een of twee Afrikaanse universiteite in die land. Dié reg word deur die Grondwet beskerm, maar die uit-lewing van dié reg kan nooit geskied tot uitsluiting van ander nie.

“As die universiteit sy doelwit wil bereik om teen 2015 swart, bruin en Indiër-studentegetalle van 24% tot 34% te verhoog, moet daar aktief en aggressief gefokus word om ’n groter deel van dié sektor te bekom. Net dan sal daadwerklike transformasie plaasvind. Die US het ’n plig teenoor die samelewing om dié mikpunt te bereik, maar ek voel net so sterk daaroor dat Afrikaans ’n bestaansreg het op Stellenbosch.

“Ek kry die idee daar is mense wat meen transformasie kan nie plaasvind waar Afrikaans gepraat word nie. Dié beskouing jeens Afrikaans is gesetel in ons verlede, en dit moet verander.

“Ek kan nie langer ’n rol in ’n raad vervul in ’n atmosfeer waar Afrikaanssprekendes se motiewe voortdurend met agterdog bejeën word nie.”

- Rapport

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.