Jansen staan vas teen ANC

2009-10-24 23:30

Hy gaan nêrens nie.

Hierdie onverbiddelike standpunt van prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het gister vir nog olie op die vuur gesorg op ’n reeds erg verdeelde kampus wat na aan breekpunt is.

Me. Mary Metcalfe, direkteur-generaal van die departement van hoër onderwys en opleiding, is ewe onverbiddelik en het gistermiddag aan Rapport gesê daar moet geen kortpaaie vir die Reitz-4 wees nie. “Hulle moet bewys hul berou is opreg.”

Metcalfe en Jansen was gistermiddag laat nog in gesprek met mekaar en die gevoel is Jansen moet voor môre iets doen om die krisis op sy kampus te ontlont.

Grootskaalse protes uit ANC- en studente-geledere word in Bloemfontein verwag wanneer die Reitz-4 môre in die landdroshof verskyn.

Terwyl daar druk uit regeringskringe en Cosatu op Jansen uitgeoefen word, skop hy vas: “Ek staan by wat ek gedoen het. Ek gaan nie bedank óf my besluit herroep nie,” het hy aan City Press gesê.

“Mense moenie geraas met getalle verwar nie. Dit het niks met buitestanders te doen nie. Dit is die universiteitsraad wat besluit wie aangestel óf afgedank word.”

Metcalfe, regterhand van dr. Blade Nzimande, sê weer: “Die reg moet sy gang gaan met die vier studente. Dit is klinies anders as die universiteit se besluit om hulle weer toe laat, want dit word nie op ’n emosionele besluit gegrond nie.

“Prof. Jansen is ’n bekwame persoon, maar daar kan nie kortpaaie gevat word nie. Hulle is individueel verantwoordelik vir hul optrede.”

Metcalfe het Woensdagaand ’n brief aan Jansen gestuur en uitgevaar oor sy besluit om die vier manstudente van die Reitz-koshuis te vergewe ná hul walgvideo waarin koshuis-skoonmakers verneder is.

“Nét die gekrenkte kan vergewe. Geen ander vergoeding het betekenis nie tensy ’n verskoning aangebied én aanvaar word. In die afwesigheid van ’n verskoning kan geldelike vergoeding as ’n belediging beskou word?…

“Is die regte dissiplinêre prosesse van die Universiteit van die Vrystaat gevolg? Indien nie, watter implikasies hou dit in vir enige ander student wat oor die tou trap? Is dit net wangedrag binne ’n institusionele kultuur wat vergewe sal word? Is daar ander studente geskors wat rede mag hê tot soortgelyke vergifnis? Watter presedent skep dit vir toekomstige dissiplinêre sake?”

Metcalfe vra ook vrae oor Jansen sy bestuurstyl. Sy wil weet watter bestuurstrukture deel was van die besluit en indien daar ’n verbreking van beleid was, wie met hom saamgestem het.

“Ons stem saam dat die UV die vraag moet vra wat dit moontlik gemaak het vir so ’n gruweldaad om in die eerste plek gepleeg te word.

“Ons is nie oortuig daarvan dat die institusionele vergifnis sal help om dié vraag te beantwoord nie,” lui die brief.

Jansen het sy besluit verdedig om nie studenteverteenwoordigers en vakbonde van personeellede te raadpleeg nie. Hy sê die universiteit­senaat besluit oor toelating, skorsing en hertoelating.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.