Jonges: Eerder g’n werk as lae salaris

2013-01-05 23:22

Weens werkloosheid sal tienduisende jong Suid-Afrikaners vasgevang bly in die lewe van adolessente: afhanklik van hul ouers en onder dié se dak.

Só het die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemerskap (CDE) in ’n onlangse studie bevind.

In nog ’n studie word die gevolgtrekking gemaak die regering se pogings die afgelope twee dekades om die jeug te bevry, het byna geen uitwerking gehad nie.

Luidens die CDE-studieverslag verkies duisende jong mense dit om eerder tuis te bly as om los werkies te doen. Die studie se doel was om vas te stel hoe jong Suid-Afrikaners oor die weg kom sonder ’n vaste werk.

Dr. Hylton White, senior dosent in sosiale antropologie aan Wits wat etnografiese navorsing in KwaZulu-Natal gedoen het, het bevind jong mense beskou werk nie as ’n manier om ’n basiese bestaan te kan voer nie.

“As die werk hulle nie in staat sal stel om te kan trou en ’n woonplek te bekom nie, stel baie mans nie daarin belang om werk te soek nie,” skryf White. “Vandaar die neiging onder mans om weg te stap van ’n werk met ’n lae salaris, ondanks die hoë vlak van werkloosheid in hul gemeenskap.”

Talle jong mense in arm gemeenskappe en swak skole en wie se ouers nog nooit gewerk het nie, sal dalk hul hele lewe sonder werk deurbring.

“Hulle het, indien enige, min toegang tot sosiale netwerke wat hulle aan werkgeleenthede kan koppel,” lui die verslag.

Prof. Jeremy Seekings, dosent in politieke studies en sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad, het in sy studie bevind kontakte speel ’n belangrike rol daarin om werk te kry.

Volgens Seekings gebruik bevoorregte, oorwegend wit jong mense in die Kaapse metropool (waar hy sy studie gedoen het) hul kontakte om werk te kan kry. Mense sonder sulke kontakte kry maar swaar.

Minderbevoorregte jong mense word gekniehalter deur ’n gebrek aan werk- etiek en begrip van die arbeidsmark.

“Die meeste jong mense uit arm woonbuurte wat die skool voor matriek verlaat, sê hulle sal nie ’n werk as huiswerker teen R900 per maand aanvaar nie, maar omtrent almal sal ’n werk met ’n hoër salaris aanvaar,” sê Seekings.

“Dit wil voorkom of dié jong mense hulself in die voet skiet, want dié is die soort werk wat hulle die waarskynlikste sal kry.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Vir die afduime kan ek maar net se, ek praat uit ondervinding. Ek was daar so 'n paar jaar terug. G'n verskil! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.