Jonges droom, sien nuwe horisonne danksy rugbyklub

2012-07-28 23:57

Tot 120 kinders van die ouderdom van vier tot negentien jaar daag op vir oefening by Rob van Tooren se junior rugbyontwikkelingsklub in Eshowe. | Foto: Khaya Ngwenya

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bedags in Eshowe is hy Bob die Bouer. Saans is Rob van Tooren van dié KwaZulu-Natalse dorp ’n superster-rugbyafrigter.

Dié bouer het sewe jaar gelede ’n junior rugby-ontwikkelingsklub met 13 kinders begin.

Vandag het hy 120 spelers wat opdaag vir rugby-oefening, asook vier assistente wat hulle afrig vir moontlike plekke in die provinsie se top-rugbyskole.

“Ons wil nie rugbysterre van hulle maak nie,” sê Van Tooren, “ons wil hê die seuns moet kom en dit geniet. Ons wil hê kinders moet rugby speel ...

“Daar is soveel gemors daarbuite. Kinders het ’n plek nodig waar hulle daarvan kan vergeet.”

Van Tooren (39), ’n voormalige amateur-rugbyspeler, se spangroep is van vier tot negentien jaar oud. Hulle kom van sewe verskillende skole, waarvan vier in die omliggende omgewing is.

Party is arm, ander nie.

“Ons het geen kriteria nie. Ons sien nie kleur nie. Ons is nie gepla as jy nie voorheen rugby gespeel het nie. Ons wil hê die kinders moet hul horisonne verbreed en nie gekniehalter wees deur waar hulle vandaan kom nie.”

Shlenge Mazibuko (13) reis ná rugby-oefening 7?km ver om by sy huis in die Umlalazi-township uit te kom. Hy moet op ’n onbetroubare maat staatmaak vir ’n saamry-geleentheid. Dié se oupa het ’n motor.

Hy moes onlangs by sy ma pleit om te kan aanhou oefen.

“Ek wil vir die Springbokke uitdraf,” sê hy trots.

“Ek is lief vir oom Rob. Hy het ’n goeie hart. Hy wil die beste vir ons hê en dink ons kan vir die Springbokke speel.”

Een van die klub se sterre is Seun Maduna (14), wat danksy ’n rugbybeurs aan die ­Hoërskool Glenwood in Durban skoolgaan.

“Hy sal dit nog ver bring. Hy sal beslis binne vyf jaar vir die Haaie speel,” sê Van Tooren.

Maduna se twee ouer broers speel ook vir die klub.

Hul pa, Jotham Maduna, ’n voorman by ’n suikermaatskappy, sê hy sou nie sy seuns se toekomsplanne met sy salaris kon bekostig het nie.

Ander Van Tooren-suksesstories is Gert Coetzee wat ’n sportbeurs gekry het en in Durban skoolgaan, Nhlakanipho Sibiya, wat vir die provinsie se o.14-span speel, en sy eie seun, Brent, wat ook met ’n sportbeurs by Glenwood skoolgaan.

“Ek glo elke kind het potensiaal. Baie seuns wat hiernatoe kom, het geen eiewaarde nie. Niemand glo in hulle nie,” sê hy.

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Hamrammr Wulf sê... Ai Anke ek kry jy uit my hart en siel jammer! Ek glo nie ek kan begryp waardeur jy gaan en waarmee jy tot dusver worstel nie maar ek kan selfs as man myself indink. Ek het dieselfde ervaring van die "kerk" en sy interpretering van liefde ondervind, dis eerder die anbiddingsplek van die god Baal! Daar is dit net baantjies vir broeders, ydelheid, gierigheid- elkeen vir himself en die duiwel vir die res! Dis ook die rede dat ek nou 'n Heiden (Paganis) is, dit het as geloof veel meer substansie as hoofstroom gelowe. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.