Joost: ‘Dit gaan goed, ek is oukei’

2012-07-02 07:28

Foto: Nelius Rademan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Joost van der Westhuizen se lewe het die afgelope drie jaar on­herroeplik verander: ’n seksvideo-drama, ’n hangende egskeiding van Amor Vittone en toe die nuus verlede jaar dat hy ’n motor­neuronsiekte het. Gavin Prins kon onlangs met sy eie oë sien hoe dié aftakelende siekte dié oud-Springbok in sy greep het.

Dinsdagaand bevind ek my in die Sandton-konferensiesentrum vir die voormalige Bok- en Sharks-kaptein John Smit se liefdadigheidsete.

Dit wemel van sportadel.

Dis amper tyd vir die ete om te begin toe Joost opdaag. Sy publisiteitsbeampte, Bridget van Oerle, aan sy sy; sy vriend Quinton van der Walt kort op sy hakke. Van die gaste kyk om; die oë rek toe hulle hom gewaar.

Stadig kom hy na die trap aangestap. Sy bene lyk of hulle verdrink in sy swart broek.

Sy linkerbeen swaai ongemaklik na regs terwyl hy loop.

Die vingers aan sy linkerhand is kromgetrek. Tydens my laaste onderhoud met hom het nog net die spiere in sy hande en arms probleme gegee.

En laas het gerugte nog die ronde gedoen dat hy mooi aan die herstel is nadat hy Londen toe is vir ’n geneesmiddel.

Ek stap nader om te groet. Hoe gaan dit? vra ek. Hy glimlag, skud my hand. Ferm.

“Dit gaan goed. Ek is oukei,” sê hy. Stadig. Moeisaam.

Dan draai hy na Bridget: “Ek moet gaan sit.”

Geen onderhoude, geen foto’s nie. (Volgens gerugte het hy ’n kontrak met Huisgenoot wat hom verbied om met ander media te praat.)

Dan moet hy die trap op, een stel na die vyfde verdieping waar die dinee gehou word.

Versigtig hou hy aan die trapreling vas, stut sy linkerbeen met sy linkerhand, leun swaar op die reling terwyl hy stadig klim. Sy tafel is gelukkig reg voor die verhoog.

Later word hy verhoog toe geroep en beweeg stadig, moeisaam die paar treë tot daar.

“Rugbyspelers móét hul vroue eer. Sonder jou vrou se ondersteuning sal jy nie kan doen wat jy as speler doen nie,” sê hy.

“John (Smit) was nou wel kaptein van die Bokke, maar Roxy (sy vrou) is sy kaptein.”

Die gehoor lag, juig hom toe.

Joost se oë soek oor die gehoor. Quinton haas hom na die verhoog en help Joost af en tot by sy tafel.

Onder die Bokke by die geselligheid is Naas Botha, Francois Hougaard, Percy Montgomery, Butch James en Breyten Paulse.

Die oud-Bafana-kaptein Lukas Radebe en Bantu Holomisa, UDM-leier, is ook teenwoordig.

’n Stroom helde uit die sportwêreld kom na Joost se tafel om sy hand te druk.

In ’n vroeëre onderhoud het Joost gesê sy lewe gaan aan.

Hy gaan nie toelaat dat die siekte hom onderkry nie.

Hy hoop steeds op ’n geneesmiddel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.