Joost bieg oor seksvideo

2009-10-31 23:20

Die voorblad van boek: Joost Spieelbeeld.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Dis ek in die seks-video. En ek is bitter, bitter jammer dat ek gelieg het.

“Asseblief, vergewe my.”

Ná agt maande van heftige ontkenning het die Springbokheld Joost van der Westhuizen (38) aan Rapport erken dis hý wat sowat drie jaar gelede skelm verfilm is terwyl hy in ’n Pretoriase huis “seksuele kontak” (soos hy dit stel) met die blonde ontkleedanseres Marilize van Emmenis (nou 24) gehad het.

In dié steelvideo snuif Joost, met net ’n onderbroek aan, ook die dwelm Cat.

Rapport het dié video onthul in dieselfde week waarin Joost en sy vrou, Amor Vittone, hul Christenskap in Vrouekeur bely het.

Van meet af aan het dié oud-Bokkaptein gesê die man in die video is iemand anders.

“Span van der Westhuizen” – met die private ondersoeker mnr. Mike Bolhuis vooraan – het dié leuen toe met mening probeer verkoop.

Daar is triomfantlik aangekondig Joost het ’n leuenverklikkertoets geslaag. Daar was dreigemente en ’n jagmakery op die videomakers.

En die publiek het aanhou twyfel of dit Joost in die video was of nie.

SuperSport het Jooste se dienste as kommentator vroeër vanjaar opgeskort, hoofsaaklik oor sy dwelmgebruik in die video.

Joost het tot in daardie stadium Maandae sy SuperRugby-program komkommerkoel aangebied – asof hy nie ’n bekommernis in die wêreld het nie.

Maar in sy boek, Spieëlbeeld, praat Joost oor die hel waardeur hy is.

“Elke oomblik van elke dag het daardie video alles in my lewe oorheers. Die feit dat ek besig was om ’n leuen te leef het my van binne opgevreet en verteer.”

Hy het ook vir Amor gelieg, het hy aan Rapport gesê.

“Sy het my mooi gevra, en ek het vir haar gejok.” Eers teen begin Augustus het Joost teenoor Amor beken. “Sy is die ongelooflikste mens. En van daar af het ons aan ons verhouding begin werk, left, right en centre.

“Tot vandag het ek myself nie eens vergewe nie. Hoe kan ek verwag sy moet my vergewe?

“Ek kan my gesin steeds verloor. Dinge is nog nie 100% met Amor nie.

“Maar ons het die hele tyd nog nie een nag in verskillende beddens of kamers geslaap nie.” ’n Egskeiding is allermins op pad, sê Joost. “Dis die grootste klomp s****t.”

In sy boek en teenoor Rapport onthul Joost ook:

;SuperSport gaan “binne dae” besluit of sy kontrak beëindig gaan word of nie. “Ek sal nie verbaas wees as hulle dit doen nie – dis die punch wat ek moet vat. SuperSport het ’n handelsmerk om te beskerm.”

;Hy, Amor en hul twee kinders het in Junie by die evangelis Angus Buchan op sy plaas by Greytown gaan kuier om raad te vra. “Oom Angus het my laat besef ek moet opstaan en die pilaar in die huisgesin wees.”

;Die video hét hom finansieel geknou, sê Joost. “Maar ek is nie uitgewipe nie, ek woon nog in dieselfde huis, het nog dieselfde werk.

“En die uitnodigings begin weer toeneem – ek tree juis Vrydagaand (eergister) op ’n manne-aand in Upington op.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
347 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.