Joost vertel: ‘My skoonpa pluk my rond’

2012-08-06 06:00

Die terminaal siek Joost van der Westhuizen beweer hy is deur sy skoonpa, Dario Vittone, aangerand toe die twee in ’n bekgeveg betrokke geraak het.

Die drama word in die fynste besonderhede uitgestippel in ’n verklaring wat Van der Westhuizen by die polisie ingedien het.

Rapport kan vandag eksklusief onthul dat Van der Westhuizen klagte van aanranding en crimen injuria teen sy 71-jarige skoonpa ingedien het. Die saak word ondersoek.

Volgens Van der Westhuizen het sy skoonpa hom ’n p*** genoem en hom twee keer hard gestamp.

Die tweede keer het Van der Westhuizen glo teen sy motor geval.


Joost van der Westhuizen in die woonstelblok waar hy nou woon. Foto: Felix Dlangamandla

Vittone ontken dat hy Van der Westhuizen gestamp het.

Hy het gister by monde van sy vrou, Delyse, erken die twee het ’n rusie gehad, maar ontken dat dit fisiek geraak het.

Van der Westhuizen, by wie ’n soort motorneuronsiekte (MNS) verlede jaar gediag­noseer is, het in ’n onderhoud met Rapport by sy woonstel in Sandton gesê hy het met sy selfoon ’n klankopname van die voorval gemaak. Dis ook so in sy polisieverklaring vervat.

Hy sê hy het verlede Saterdagoggend sy kinders afgelaai by die huis wat hy eens met sy vervreemde vrou, die sangeres Amor Vittone, gedeel het.

“Toe ek buite die huis na my kar stap het Dario na my toe gekom en my uitgevra oor hoekom ek so baie goed vir my kinders koop. Dario sê toe ek moet dit nie weer doen nie.

“Ek kan mos doen wat ek wil. Dis my kinders. En toe begin hy my stoot. En hy het my uitgedaag om terug te baklei. Ek het toe vir hom gesê ek het ’n spiersiekte. Ek kan nie terugbaklei nie.”

En toe stoot Vittone hom blykbaar weer teen die motor. Hy het twee dae later klagte by die Douglasdale-polisiekantoor naby Dainfern ingedien. Die polisie het die klagte bevestig.


Dario Vittone

Delyse sê egter wat haar man by Van der Westhuizen wou weet, is hoekom hy nie die egskeidingsooreenkoms wat al in Maart opgestel is, wil onderteken nie.

“Dario het hom versoek om met Amor te vergader sodat hulle hul verskille kan bylê.

“Dario het wel sy wysvinger vir Joost gewys en gesê hy moet sy k*k stop. Joost het vir Dario gevra of hy hom dreig. My man het toe gesê hy wens Joost was gesond sodat hulle kon baklei.”

Dario het nie aan sy skoonseun geraak nie, sê Delyse.

Van der Westhuizen sê hy is moeg daarvoor dat sy skoonouers met sy skeisaak inmeng. “My egskeiding het niks met Dario en Delyse te doen nie. Hulle meng in.”

Hy het om ’n beskermingsbevel teen sy skoonpa aansoek gedoen.

Voorts wil hy ’n hofbevel kry wat hom sal toelaat om “meer” van sy kinders te sien. Hy beweer Amor weerhou hom daarvan om sy kinders gereeld te sien.

Intussen blyk dit dat die behandeling wat hy twee maande gelede in Londen vir sy siekte ontvang het, besig is om sy spiere te stabiliseer.

Rapport het laas berig oor Van der Westhuizen wat skaars kon loop toe hy drie weke gelede ’n liefdadigheidsete van die voormalige Bok-kaptein John Smit bygewoon het.

Die afgelope week het Van der Westhuizen baie beter gelyk – uitgedos in die gesogte True Religion-jeans en ’n T-hemp. Hy praat steeds moeilik.

“Wetenskaplikes in Londen het met ’n toets begin om Aimspro-serum in my liggaam te spuit om my immuunstelsel te versterk.

“Dis ’n eksperiment wat werk, want my spiere wat aan die afbreek was, is nou besig om te stabiliseer. Ek kry twee inspuitings ’n dag.”

Van der Westhuizen gaan volgende maand weer Londen toe vir opvolgtoetse. “Ek stem in tot dié eksperimente, want ek wil my lewe probeer verleng sodat ek meer van my kinders kan sien.”

Intussen gaan dit baie goed met J9, die organisasie wat hy gestig het om ander MNS-lyers geldelik en emosioneel by te staan.

“Ons gee heelwat mense geldelike bystand. Die uitdrukking op hul gesigte wanneer ek by die hospitaal instap, is onbeskryflik. Dis hoekom ons werk by J9 vir my ’n helse plesier is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

petra.v.vuuren sê... ja nee, hy is mos nie hier om homself te verdedig nie! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Light rain late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.