Juffrou help en toe kom skok: 2 sterf

2013-02-23 23:04

Sihle Seleke, ’n onderwyseres aan die Spectrum Primary School, het drie uitblinkers in haar klas gehelp om na ’n private skool te gaan en toe die slegte nuus verneem dat twee in ’n ongeluk dood is. | Foto: Nicolene Olckers

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kort nadat sy die afgelope Dinsdagaand geldelike hulp vir drie skrander leerlinge gekry het, moes ’n onderwyser tot haar skok uitvind twee van hulle het ure tevore in ’n ongeluk gesterf.

“Dit het gevoel asof iemand my met ’n emmer yswater gooi,” sê Sihle Seleke, ’n onderwyser aan die Spectrum Primary School in Ennerdale, suid van Johannesburg.

Die niggies Celiwe en Lerato Msimango (albei 13), wat saam met hul ouma verkool is toe ’n vragmotor Dinsdag in Kibler Park in die suide van Johannesburg in hulle vasgery het, was uitblinkers aan dié skool.

Seleke het toe gehelp dat die twee en nog ’n uitblinker plek kry in die Covenant-kollege, ’n private hoërskool in Johannesburg.

Die niggies en hul ouma was op pad huis toe van die kollege toe die ongeluk gebeur het.

Maar hiervan was Seleke salig onbewus.

Sy het haar die afgelope Dinsdagaand tot Talk Radio 702 gewend nadat die borg wat die drie leerlinge se skoolgeld sou betaal, onttrek het.

Binne tien minute het vyf sakemense aangebied om te help.

“In daardie stadium was ek nie bewus van die tragiese ongeluk nie. Ek het Ntombi (Futhi, die meisie wat nie by die ongeluk betrokke was nie) se ma gebel. Sy was baie bly. Daarna het ek die niggies se ouma probeer kontak, maar haar selfoon was af,” sê Seleke.

“Later het die bure van die oorledenes my gebel en gesê daar is fout. Ek het in my motor gespring en gery. Die huis was donker en toe. Ons is na die Ennerdale-polisiekantoor, waar ons die tyding gekry het.”

Sam Nenngwekhulu, hoof van die Spectrum Primary School, sê die meisies was die trots van hul skool. “Hulle was hardwerkend, netjies en het goeie maniere gehad. Ek het vir hulle gesê om die beste van die geleentheid te maak.”

Gené Riley, hoof van Covenant, sê sy sal nooit die twee se glimlaggies vergeet nie.

“Hulle was mooi en slim kinders. Die twee was maar ses weke by die skool, maar het dit baie geniet en was so dankbaar. Ek sal hulle nooit vergeet nie.”

Ná die twee leerlinge se dood is ’n trustfonds gestig om uitblinkers van minder gegoede skole in Johannesburg te help om na private skole te gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.