Juju se appèl begin môre in Luthuli-huis

2012-01-21 23:13

Mnr. Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier, sal môre in Luthuli-huis in Johannesburg wees om sy vyf jaar lange skorsing uit die ANC te beveg.

Die ANC se appèlkomitee onder voorsitterskap van mnr. Cyril ­Ra- maphosa, lid van die nasionale uitvoerende komitee, sal besluit hoe lank die verhoor sal voortduur.

Malema voer onder meer in sy appèlaansoek aan die ANC se nasionale tugkomitee (NTK) het mnr. Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, “ongevraagd beledig” toe hy tydens die tugverhoor vir hom getuig het.

“Daar was geen gronde vir die ongevraagde belediging teenoor kameraad Sexwale dat sy getuienis ‘aan die absurde’ gegrens het nie,” lui Malema se betoog. Volgens Malema het Sexwale ’n beter begrip van die ANC se grondwet as enige van die ander getuies in die tugverhoor.

Malema se betoog berus grotendeels daarop dat die NTK hom nie die reg gegun het om om versagtende omstandighede te pleit nie; en ingevolge ’n wysiging van die ANC-jeugliga se grondwet is ’n skorsing uit die ANC nie noodwendig op die ANC-jeugliga van toepassing nie en is die jeugliga ’n outonome struktuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2007
R 279,990.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2006
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.