Julius dalk ook oor opstokery vervolg

2012-09-29 23:25

Die Valke ondersoek ook klagtes van opstokery en aanhitsing tot geweld teen ­Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier.

Malema het die afgelope week op aanklagte van geldwassery in die hof op Polokwane verskyn. Die saak word op 30?November voortgesit.

Adv. Anton Ackermann SC van die Valke, wat die ondersoek na die opstoking en aanhitsing van oproer teen Malema lei, het skriftelik te kenne gegee daar is prima facie-getuienis om Malema weens dié klagte te vervolg.

Die klagte kom ná sy uitlatings by ’n vergadering met ontevrede soldate by ’n militêre basis naby Lenasia, suid van Johannesburg, twee weke gelede en ’n saamtrek van mynwerkers vroeër vandeesmaand.

Nou wag die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nog net op ’n dossier van die Valke voordat besluit word oor Malema se vervolging. Die regsterm opruiery of opstokery is laas in 1979 gebruik toe 11 lede van die Soweto Students’ Representative Council skuldig bevind is aan terrorisme en opstokery en tronkstraf opgelê is.

Opstokery is ’n misdaad wat op die mag en gesag van die staat gerig is met die doel om dit uit te tart, uit te daag, te ondermyn of aan te val.

Maar Pierre de Vos, regskenner, meen dit sal hoogs ongewoon wees om Malema weens opstokery aan te kla en sal verklap hoe desperaat die regering is om hom stil te maak.

“As hulle hom gaan aankla, sal dit wys hoe paranoïes hulle oor hom is. Klagte van opruiery is ’n mynveld en moet liefs vermy word.”

Sy skerpste kritiek teen dié klag, sê De Vos, is dat die owerhede dit kan gebruik om spraakvryheid te smoor.

Die Valke bestudeer glo nou Malema se toespraak by sy vergadering met ontevrede soldate waarin hy na Suid-Afrika verwys het as ’n piesangrepubliek en gesê het pres. Jacob Zuma is “betrokke by ander dinge”. Hy het ook die president ’n diktator genoem. Mense het slegs hul stem en denke om “dié barbaarse regime” te beveg, het Malema gesê.

Die departement van verdediging het Malema gestriem en sy toespraak tot aanhitsing verklaar wat die land se veiligheid bedreig.

Die vakbond Solidariteit het strafregtelike klagte teen Malema ingedien nadat hy by die Aurora-myn in Springs aan die mynwerkers gesê het: “Ons sal dié myne onregeerbaar maak totdat die Boere na die tafel kom.”

Malema se prokureur het nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Packaging Supervisor

Pretoria
Akasia Personnel Consultants

Portfolio Administrator/Assistant CRM

Cape Town Southern Suburbs
DAV Professional Placement Group
Market Related

Finance Business Unit Manager - JHBN

Johannesburg
DAV Professional Placement Group
R1 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.