'Jy sal sterf soos Bin Laden'

2012-08-13 11:49

Hy het ’n Moslem-man glo doodgeskop, maar twee polisielede het hom nie in hegtenis geneem nie omdat hulle nie aan diens was nie.

Mohamed Faiyaz Kazi (25), ’n winkeleienaar van Ventersdorp, en sy vriend Anser Mahmood (33) is Maandag omstreeks 17:00 voor ’n kitskosrestaurant in Magaliesburg aangerand ná ’n onderonsie met twee mans.

Hulle was in dié toeristedorp vir sake en het by die Chicken Licken stilgehou vir kos.

Kazi is herhaaldelik in die gesig geskop en het enkele ure later aan erge breinbloeding beswyk.

Mahmood is so erg geslaan dat hy glo steeds sukkel om te sien.

Volgens Hashimbhay Motara, Kazi se skoonpa, het die mans sy skoonseun gespot oor sy baard en hoed toe hy en Mahmood by die winkel instap.

“Hulle het hom ‘Bin Laden’ en ‘f****n swartbaard’ genoem en aan sy baard getrek,” het Motara aan Rapport gesê.

“Toe Mohamed wou weet wat hulle verkeerd gedoen het, het een van die mans hom ’n ‘bliksemse k****e’ en die ander k-woord genoem en gesê dít wat met Bin Laden gebeur het, sal ook met hom (Kazi) gebeur.”

Osama bin Laden, die voormalige Al Kaïda-leier, is in Mei verlede jaar deur ’n Amerikaanse taakspan in Pakistan om die lewe gebring.

’n Chicken Licken-werknemer het aan Rapport gesê al vier die mans is gevra om die restaurant te verlaat, waarna Kazi en Mahmood buite die restaurant aangeval is.

Trevor Buthelezi, ’n kelner by ’n nabygeleë onderneming, het aan Rapport gesê “’n groot, wit man van oor 100 kg” het die houe en skoppe bykans 20 minute lank op Kazi en Mahmood laat neerreën.

“Hy (Kazi) het op die grond gelê terwyl sy vriend (Mahmood) op sy hurke gesit het met baie bloed aan sy gesig,” sê Buthelezi.

“Die ou het amper 20 minute lank aangehou om hom te skop en te slaan, maar het hom elke nou en dan gelos om weer die ander ou (Mahmood) te slaan.

“Daar het ’n skare mense begin saamdrom, maar almal was te bang om te help,” sê Buthelezi.

“Iemand het die polisie gebel, maar voor hulle daar opgedaag het, het ’n ander motoris stilgehou en die man van hom (Kazi) afgetrek.”

Volgens Buthelezi wou ’n erg beseerde Kazi weet waarom die polisie nie die verdagtes arresteer nie.

“Die lede het gesê hulle mag nie, want hulle is van diens af en het vir hom gesê om ’n klag by die polisiekantoor in te dien.”

Dié beamptes was glo reeds weg voordat die verdagtes in hul motor (’n wit Tata met die registrasienommer YHL 295 GP) geklim het.

* Volgens Motara sukkel die Kazi-gesin en veral Mohamed se vrou, Sajidah, om sy dood te verwerk.

“Ons kan nie verstaan hoe iemand so wreed vermoor kan word net omdat hy anders lyk nie,” sê Motara.

SAPD: ‘Kazi wou nie klag indien’

Die polisie kon nie Mohamed Faiyaz Kazi se vermeende moordenaar arresteer nie, omdat Kazi geweier het om ’n aanrandingsklag in te dien – en níé omdat twee polisiebeamptes van diens af was nie.

Só het brig. Neville Malila, Gautengse polisiewoordvoerder, gister aan Rapport gesê.

Kazi is Dinsdag in ’n Potchefstroomse hospitaal dood nadat hy en ’n vriend Anser Mahmood die vorige dag voor ’n kitskosrestaurant in Magaliesburg aangerand is.

Volgens Malila het dié aanranding nie in die teenwoordigheid van die twee Magaliesburgse polisiebeamptes, wat eers later op die toneel was, plaasgevind nie.

“Die verdagte was nog in die omgewing teen die tyd dat die beamptes daar opgedaag het, maar hulle was nie noodwendig meer op die toneel self nie,” het Malila gesê.

“Die beamptes het vir hulle (Kazi en Mahmood) gevra of hulle ’n klag wil indien, maar hulle wou nie en daarom kon ons niemand arresteer nie.”

Volgens hom is die polisie sedertdien besig met “’n grootskaalse soektog” na een van die verdagtes – ’n 33-jarige man van Rustenburg.

“Ons was reeds by sy huis én werkplek, maar kon hom nêrens vind nie,” het Malila gesê.

**NUUTSTE VERWIKKELINGE

BEELD berig vanoggend (Maandag): Twee mans van Rustenburg in Noordwes is gearresteer weens die moord op Mohammed Fayaz Kazi (26) wat verlede Maandag so erg aangerand is dat hy aan breinbloeding gesterf het.

Die een verdagte (27) is laat Saterdagaand gearresteer. Die tweede (33) het homself gisteroggend in die teenwoordigheid van sy prokureur by die Magaliesburg-polisiestasie oorgegee, het brig. Neville Malila, polisiewoordvoerder, gesê.

Die twee verskyn vandag in die Krugersdorp-landdroshof op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.


“Ons vermoed hy het gevlug, maar ons is vol vertroue dat ons hom binnekort sal vastrek.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Agge nee? Arme ou Kenneth Meshoe maak in 20 jaar g'n hond haaraf nie. En hy's dan selfs agter ander randeiertjies soos Mulder se verkramptes en diktator Holomisa se matertjies! Daar's seker meer Blourokkies in SA as aanhangers van madala Kenneth? Hy's dan soos 'n donkie wat in die Durban July deelneem. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.