KSA sal Majola se bedanking aanvaar ás hy bonus teruggee

2012-09-09 01:07

Gerald Majola kan vergeet van ’n goue handdruk by Krieket Suid-Afrika (KSA), maar dié beheerliggaam sal sy bedanking aanvaar – mits hy sy bonusgeld terugbetaal.

So het KSA-bronne aan Rapport gesê ná berigte dat Majola, KSA se geskorste uitvoerende hoof, sowat twee weke gelede aangebied het om uit dié pos te bedank in ruil vir twee jaar se salaris.

Majola is in Maart geskors weens die ongemagtigde bonusse van sowat R4,7 miljoen wat hy en byna 40 ander KSA-werknemers ontvang het vir die aanbieding van die Indiese Premierliga (IPL)-toernooi en die Kampioenetrofee-reeks in 2009.

’n Ondersoekkommissie onder leiding van oudregter Chris Nicholson het vroeër bevind dat Majola nie sy deel van dié bonusse – sowat R 1,8 miljoen – aan die KSA-raad of dié organisasie se vergoedingskomitee verklaar het nie.

Majola word sedertdien ’n volle maandelikse salaris betaal terwyl die Valke strafregtelike klagtes van bedrog en korrupsie teen hom ondersoek.

Rapport verneem op goeie gesag dit is nie die eerste keer dat Majola aanbied om te bedank nie.

“Sy eerste aanbod was dat KSA hom sewe jaar se salaris betaal in ruil vir sy bedanking, maar dit is baie vinnig van die hand gewys,” het een KSA-ingeligte gesê.

Volgens hom sou so ’n skikking in die omgewing van R15 miljoen beloop, aangesien Majola sowat R2,3 miljoen per jaar verdien.

Dit sal boonop beteken dat sy tugverhoor wat deur die Nicholson-kommissie gelas is, laat vaar sal word.

“KSA stel nie belang daarin om hom te betaal om te loop nie, veral nie nadat ons die afgelope tyd baie hard gewerk het om weer op die herstelpad te kom nie.”

Die liggaam het die afgelope drie maande twee reuse-borgskappe bekom onder leiding van die waarnemende uitvoerende hoof, ­Jacques Faul.

Faul het die afgelope week aangekondig dat die kommunikasiemaatskappy Blue Label Telecoms die naamregte gekoop het vir die na­sionale Twintig20-span se volgende agt wedstryde.

KSA het ook in Junie ’n ooreenkoms met die versekeringsreus Momentum gesluit. Dit beloop glo in die omgewing van R200 miljoen oor die volgende ses jaar.

Volgens nog ’n bron sal Majola se bedanking verwelkom word, sou hy sy bonus aan KSA terugbetaal.

Fikile Mbalula, die minister van sport, het reeds in April gelas dat Majola en Don McIntosh, KSA se destydse finansiële hoof, dié geld teruggee.

“Vir KSA sal dit ideaal wees as hy (Majola) die bonus terugbetaal en bedank, maar niemand verwag dat dit so maklik sal wees nie,” het die bron gesê.

“Die raad sal moontlik luister na ’n aanbod om ses tot agt maande se salaris aan hom uit te betaal sou hy bedank, maar ook net as sy bonus verhaal kan word.”

* Faul wou by navraag nie kommentaar lewer oor Majola se beweerde aanbod om te bedank nie.

“Dis in die beste belang van Suid-Afrikaanse krieket dat dié hoofstuk binnekort afgesluit word en wat my betref sal die tugverhoor vroeg aanstaande maand voortgaan,” het Faul gesê.

“Ons hoop om dit teen 11 Oktober af te handel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C High level clouds. Mild. Pta: 13-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Sales Consultant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.