Kanaal kóók vanjaar met dié reekse

2013-01-20 01:25

Wie is die kokkedoor onder Afrikaanssprekendes in die kookkuns?

Kykers kan hulle vanjaar verlustig in die wedywering tussen Afrikaanse kosmakers om as kokkedoor-van-die-kombuis gekroon te word in Kokkedoor, kykNET se nuwe kookkompetisiereeks van 13 episodes.

Dit is ruweg geskoei op M-Net se MasterChef.

Die reeks word op die Karoodorp Prins Albert geskiet en begin in April.

Oudisies is die afgelope naweek in Johannesburg gehou.

Die beoordelaars is Hetta van Deventer-Terblanche, ’n sjef, en Nic van Wyk, ook ’n sjef en restaurant-eienaar.

Nico Nel, kykNET-woordvoerder, sê dié kanaal sal vanjaar elke Donderdagaand ’n fliekaand hê.

Onlangse Afrikaanse treffers soos Semi-Soet en Liefling is op die spyskaart vir die jaar.

Die kanaal het onlangs ook die tienerreeks Liefste Kayla bekend gestel.

Net soos die karakter Hannah Montana in die gewilde Amerikaanse TV-reeks is “Kayla” ’n jong tienermeisie wat nog altyd ’n sangeres wou word.

Sy verken die ­lewe saam met haar beste vriende: die maltrap Nadia en die buurseun, Dolf.

Zandile Nkonyeni, SAUK-woordvoerder, sê hulle beplan ook nuwe reekse, maar wil nie nou al die aap uit die mou laat nie.

E-tv se woordvoerder het nie op Rapport se vrae oor hul planne vir 2013 gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.